Shane (49) het glo stout boodskappe aan ’n jonger vrou op die app gestuur. Nou haal die einste teksboodskappe tussen hom en die 24-jarige vrou van Londen, Engeland, die nuusopskrifte. 

Shane is berug daarvoor dat hy stout boodskappe op Tinder en ander afspraakwebwerwe stuur. Hy het al self erken hy is op Tinder. Hy’t al vertel vroue is verras wanneer hulle uitvind dis regtig hy wat op die app gesels.

“Ek is op soek na stoute pret – wil jy speel?” vra Shane die Londense vrou op Tinder in een van die boodskappe wat uitgelek het. Hy't glo tussen Junie en Augustus die boodskappe aan haar gestuur. Sy het toe kontak met hom beëindig.

Die teksboodskappies wat hy die dame op Tinder gestuur het.

Sy sê sy was geskok oor hoe baie hy van flirt hou. “Dit klink asof hy dit gereeld doen,” sê sy aan Daily Mail Australië

As jy kyk na sy rekord met aanlyn geselsies met vroue, sal jy dink die man wat beskou word as een van die beste boulers in die geskiedenis van krieket, sou sy les geleer het. 

Hy het in 1995 afgehaak met die voormalige model Simone Callahan (48), maar die twee het in 2005 geskei. Tydens hul huwelik was hy glo betrokke in verskeie skandale met seksboodskappe wat hy aan vroue gestuur het.

In 2013 het hy en sy verloofde, die aktrise Elizabeth Hurley (53), se paadjies ook geskei. Nadat die verlowing beëindig is, het hy glo ook voortgegaan om stout teksboodskappe aan vroue te stuur. 

In 2015 het hy die Australiese enkelma Kim McGrath op Tinder ontmoet. Sy het later aan die media vertel hoe hulle ontmoet het en hoe hy haar ’n paar rapse op haar boud gegee en gevra het dat sy haar hoëhakskoene aanhou terwyl hy dit doen. Shane was glad nie ingenome oor haar uitlatings nie. “Ek wens hulle het meer feite ingesit eerder as net sensasie,” het hy gesê.

’n Jaar later het nog boodskappe aan die media uitgelek waar hy Brynne Edelsten (35), ’n sosiale vlinder van Melbourne, probeer uitboul. “Opgewonde vir my wat jy gaan opeet?” wou hy by haar via teksboodskap weet. 

Shane se bestuur het nog nie aan Daily Mail kommentaar gelewer oor die onlangse Tinder-profiel nie.

Hopelik het hy die keer sy les geleer!

Bronne: Daily Mail, News.com.au