In die oë van haar kritici kan Meghan (37), hertogin van Sussex, oënskynlik niks reg doen nie... soos nou weer met die Vogue-herrie.

Sy het die bekende Britse modetydskrif, met Edward Enninful as hoofredakteur, se uitnodiging om as gasredakteur op te tree aanvaar, maar besluit om nie self op die voorblad te wees nie. 

Sy het gevoel dis te windmakerig. 

En wat inhoud betref, wou sy sake bevorder wat haar na aan die hart lê. Sy wou nie as ’n bevoorregte koninklike oorkom nie. 

Maar toe die uitgawe verskyn, is sy uitmekaargetrek. 

“Kruiperig”, “ ’n verleentheid” en “ondeurdag” is van die woorde wat gebruik is om Meghan se projek van sewe maande te beskryf. 

En haar aanbevelings oor dinge soos asemhalingslyp­skole wat R78 515 kos, wys glo sy is “uit voeling” met “gewone” Britte.

meghan markle,edward enninful,vogue
Meghan Markle en Edward Enninful. Foto: Skermgreep

Maar dis veral die 15 vroue op die voorblad – volgens Meghan kampvegters vir verandering – wat die giftonge oortyd laat werk het: onder andere die transgenderaktivis Laverne Cox; die Nieu-Seelandse premier, Jacinda Ardern; ’n kampvegter vir diversiteit, Sinead Burke; en ’n Soedannees-­Australiese model, Adut Akech.

“Op ’n paar uitsonderings na lyk dit of hulle eerder vir hul progressiewe menings, etnisiteit of glans­verbintenisse gekies as vir enige ware prestasie,” skryf die kommentator Leo McKinstry in die Londense skinderkoerant The Sun. 

Maar dis presies die punt – en dit moet gevier word, sê haar ondersteuners. 

“Dis belangrik om migrante, kunstenaars, modelle, politici, ander etnisiteite, akteurs en mense­regtevoorstanders op die voorblad te sien van ’n tydskrif wat jy amper oral kan kry,” skryf die rubriek­skrywer Nell Frizzell in The Guardian. 

Hy loof Meghan vir haar keuse van “regte mense”.  

Sy het ook aan regte mense gedink toe sy ’n stuk weerkaatsende silwer papier op die voorblad laat aanbring het. 

View this post on Instagram

We are proud to announce that Her Royal Highness, The Duchess of Sussex is the Guest Editor for the September issue of @BritishVogue. For the past seven months, The Duchess has curated the content with British Vogue's Editor-in-Chief Edward Enninful to create an issue that highlights the power of the collective. They have named the issue: “Forces for Change” For the cover, The Duchess chose a diverse selection of women from all walks of life, each driving impact and raising the bar for equality, kindness, justice and open mindedness. The sixteenth space on the cover, a mirror, was included so that when you hold the issue in your hands, you see yourself as part of this collective. The women on the cover include: @AdwoaAboah @AdutAkech @SomaliBoxer @JacindaArdern @TheSineadBurke @Gemma_Chan @LaverneCox @JaneFonda @SalmaHayek @FrankieGoesToHayward @JameelaJamilOfficial @Chimamanda_Adichie @YaraShahidi @GretaThunberg @CTurlington We are excited to announce that within the issue you’ll find: an exclusive interview between The Duchess and former First Lady of the United States Michelle Obama, a candid conversation between The Duke of Sussex and Dr Jane Goodall, inspirational articles written by Brené Brown, Jameela Jamil and many others. Equally, you’ll find grassroots organisations and incredible trailblazers working tirelessly behind the scenes to change the world for the better. • “Guest Editing the September issue of British Vogue has been rewarding, educational and inspiring. To deep dive into this process, working quietly behind the scenes for so many months, I am happy to now be able to share what we have created. A huge thanks to all of the friends who supported me in this endeavour, lending their time and energy to help within these pages and on the cover. Thank you for saying “Yes!” - and to Edward, thank you for this wonderful opportunity.” - The Duchess of Sussex #ForcesForChange

A post shared by The Duke and Duchess of Sussex (@sussexroyal) on

In haar redakteursbrief verduidelik sy: “Tussen al die sterk vroue op die voorblad, ’n spieël – ’n ruimte vir jou, die leser, om jouself te sien. Want jy is ook deel van die gemeenskap.”

Maar baie bevraagteken haar besluit om skielik die algemene publiek by haar humanitêre pogings te betrek nadat sy en haar man, prins Harry, so geheimsinnig was oor die geboorte van hul seun, Archie, in Mei. 

“Sy kerm gedurig oor privaatheid, maar dan wil sy die redakteur van ’n tydskrif wees sodat sy haarself kan bevorder en vir ons kan sê hoe ons ons lewe moet lei,” skryf die Daily Mail-rubriekskrywer Piers Morgan. 

“Dis absurde dubbelstandaarde.”

MEGHAN SE TOPWENKE VIR DIE GOEIE LEWE 

Die hertogin was glo baie betrokke by die tydskrif en het die artikels noukeurig gekies om haar smaak te weerspieël. 

Volhoubaarheid en om bewustelik (mindful) te leef is haar gunsteling-gonswoorde, maar dit het oënskynlik nie tot haar deurgedring dat haar lesers nie so ryk soos sy is nie.

SPOGSKOENE

Meghan beveel ’n paar Veja-oefenskoene met herwonne plastiekbokante aan. 

Dit kos R2 050 en sy het dit verlede jaar in Australië gedra.

TUISGEMAK

Sy beveel ’n organiese wolpak van R31 777 aan, ’n Berberse mat van herwonne materiale van R10 700 en badsout van R553.

BEDERFIES

Meghan besing die lof van Ilapothecary se spa in Kensington, wat sy besoek het terwyl sy swanger was. 

Blykbaar moet ’n mens nie die meditasieklas met sy kris­talballe en ghongs misloop nie. 

Sy wy ook ’n hele blad aan haar persoonlike skoonheidsdeskundige, Sarah Chapman. 

“As jy net een gesigbehandeling in jou hele lewe kry, gaan na Sarah,” skryf sy. 

’n Gesigbehandeling by Sarah se kliniek in Londen sal jou R2 677 tot R9 372 uit die sak jaag.

NABOOTSER

Die skrywers Steph Adams en Samantha Brett beweer die Vogue-voorblad is ’n nabootsing van die voorblad van hul 2016-blitsverkoperboek, The Game Changers. 

Meghan self het ’n essay geskryf vir dié boek wat ook 15 “vreeslose baanbrekervroue” op die voorblad het.

BRONNE: PEOPLE.COM, WOMENSHEALTHMAG.COM, DAILYMAIL.CO.UK, THESUN.CO.UK, EXPRESS.CO.UK, FOXNEWS.COM, HELLOMAGAZINE.COM, THE GUARDIAN
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.