“Paaseiers, Weskus-styl,” skryf Kurt by ’n reeks foto’s waarin sy gesin na Paaseiers soek en tyd saam in Langebaan geniet.

Paaseiers Weskus styl!! ????#eastereggs @dunayvanheerden

A post shared by Kurt Darren (@kurtdarren) on

Sy vrou, Dunay, en hul dogtertjie, Kyrah (3), het alte fraai op die strand gelyk terwyl hulle met oulike hasie-ore gepryk het. Kyrah se 17 maande oue kleinboet, Kade, was ook deel van die pret en het in een van die kiekies aan ’n sjokolade-Paaseier weggelê.

“Ek weet mense is lief vir hul kinders, maar ek is regtig versot op hulle. Kinders verander jou lewe,” het Kurt onlangs by die KKNK vir Huisgenoot vertel.

“Jy begin harder werk, jy raak weer kreatief. Dis wonderlik, dit inspireer jou en jy sien weer die wêreld deur hul oë.”

Dunay het ook op Instagram met haar kroos gespog en prentjiemooi foto’s van haar man met hul spruite gedeel. “Hierdie twee vat Paaseier soek ernstig op,” skryf Dunay by ’n foto van Kyrah op Kurt se skouers.

Hierdie 2 vat paaseiers soek ernstig op ?????????????? @kurtdarren #kyrahkat

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on

By ’n foto waar Kade agter sy pa aan piekel, skryf Dunay trots: “My manne.” “In pappa se voetspore,” skryf Kurt by dieselfde foto.

My manne ???? @kurtdarren #kade #1yearold #Weskus #Langebaan #beach #beautifulday

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on

Wen tot R5 000 met Caltex
Het jy al vir ons Caltex-kompetisie ingeskryf? Dit kan die maklikste manier wees om geld vir die vakansie in die hande te kry! Staan ’n kans om elke week vir die volgende drie weke R5 000 te wen – of wen die groot prys van R10 000 in die laaste week van die kompetisie! Maak eenvoudig net seker jy gooi brandstof ter waarde van R300 of meer by Caltex in, hou jou strokie en skryf hier in. Die kompetisie is van 19 Maart tot 16 April 2018.