“Dit gaan goed met my swangerskap. Ek is rond en gesond en voel geseën. Sy is wild en woelig in my maag,” sê Reandi, wat nou 26 weke swanger is met haar en manlief Dewald se dogtertjie.

Reandi Grey
Reandi wys hoe lank sy swanger is. Foto: Verskaf.

“Sy is net soos haar ma gek oor kos en musiek. Ek sal skaars iets eet of net die radio aansit, dan begin sy in my maag beweeg en woel. Dis die ongelooflikste gevoel om so naby aan haar te kan wees. Ek kan nie wag om haar te ontmoet nie, maar ek gaan die nabyheid mis.”

Reandi is oor die algemeen lief vir souterige kos, maar met die swanger­skap het sy skielik ’n groot liefde vir soetgoed ontwikkel.

Die eersteling, wie se naam nog ’n geheim is, word in Junie verwag. “Ek sien uit daarna om haar op te dollie, ’n band met haar op te bou en na al die uitstappies.”