Die 30-jarige aktrise het stralend gelyk in ’n wit rok en was omring deur vriende en familie by haar ooievaarstee met ’n boheemse-tema wat Saterdag by Heritage Hill Rose Garden in Centurion gehou is. 

Onder die gaste was haar 7de Laan mede-akteurs Quinne Brown Huffman (Connie), Ingrid Paulus (Vanessa) en Nadia Herbst (Olivia). 

By haar mede-akteurs Ingrid Paulus, en Quinne Brow
By haar mede-akteurs Ingrid Paulus, en Quinne Brown Huffman. Foto: Verskaf

Nadia het ’n foto van haar en Reandi wat haar babamagie vashou met haar 38 700 Instagram-volgelinge gedeel.

Die aktrise en haar man, Dewald, het vroeër vanjaar aangekondig hul eersteling is op pad. Reandi het reeds in September verlede jaar, net 20 minute voor sy op stel moes gaan, uitgevind sy is swanger.

“My gedagtes was orals behalwe op daardie stel, en dit het alles in my gevat om nie die hele tyd in trane uit te bars of aan die lag te gaan van opgewondenheid nie,” het Reandi vroeër aan Huisgenoot vertel.

En al wou hulle eers die kleinding se naam geheim hou, verklap Reandi nou dat hulle vroeg vanjaar al op die naam Heidi vir hul eersteling besluit het. 

Reandi Grey
Foto: Verskaf
Reandi en haar man Dewald se dogtertjie gaan Heidi
Reandi en haar man Dewald se dogtertjie gaan Heidi heet. Foto: Verskaf

“Die aand toe ons uitvind dit is ’n dogtertjie het die naam Heidi skielik by my opgekom. My man was ook dadelik mal daaroor. Ek het gaan oplees wat Heidi beteken: ’n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene omdat sy vreugde versprei en eer aan God bring,” vertel Reandi aan Huisgenoot.

Reandi kan nie meer wag tot haar eersteling se kom
Reandi kan nie meer wag tot haar eersteling se koms nie. Foto: Verskaf

“My gunstelingteksvers is ook Spreuke 31:25: Alles aan haar spreek van ’n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.” 

“Dit is presies die teksvers wat die Bybel heg aan die naam Heidi. So toe weet ons dit is vir seker haar naam,” voeg sy by.

Reandi Grey
Foto: Verskaf

En het sy die ooievaarstee geniet?

“My vriendinne het ongelooflik baie moeite gedoen. Elke geskenk was persoonlik en met soveel liefde aanmekaar gesit. Ek is  baie geseënd met wonderlike vriendinne in my lewe,” sê die aktrise. 

Reandi Grey
Foto: Verskaf
Reandi Grey straal behoorlik.
Reandi Grey straal behoorlik. Foto: Verskaf
Reandi Grey
Foto: Verskaf

Reandi tel behoorlik die dae af tot haar klein Heidi se koms.

“Ek gaan haar skoppies in my maag baie mis, maar ek kan nie wag om die klein wonderwerkie te ontmoet nie.”