Gabriella gaan haar skoolloopbaan aan die Laerskool Derdepoort in Pretoria begin. 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Haar ouers, Magdalena en Delano, sê hulle is maar senuagtig vir Gabby, soos sy deur almal genoem word, se onthalwe.

"Ons is senuagtig, maar ook so bly dat ons haar gaan sien uitblink. Ons is ook opgewonde om te sien hoe sy in haar skoolloopbaan gaan groei," sê Magdalena aan Huisgenoot

Sy vertel ook dat Gabby daarna uitsien om meer te leer, en sy kan nie wag om nuwe maatjies te ontmoet nie.  

"Die eerste keer toe sy haar skooluniform aangepas het, was sy so gelukkig en vol glimlaggies," vertel Magdalena. 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Gabby het voorheen aan die tydskrif Kuier vertel dat sy eendag ’n aktrise wil word, nes haar TV-ma Ingrid Paulus (Vanessa Meintjies). 

Gabriella vertolk al sedert 2016 die rol van Vanessa en die prokureur Xander Meintjies (Theodore Jantjies) se dogter, Karmen. 

Sy geniet dit steeds om op die kassie te wees, sê die jong aktrise.

View this post on Instagram

#sundayfunday ?? @real7delaan

A post shared by Gabriella Linton (@gabriellalinton45) on

Haar ouers was opgewonde om hul enigste dogter vir die eerste keer op televisie te sien.

Hulle sit steeds elke aand vasgenael voor die kassie om hul gunstelingsepie te kyk, tensy Magdalena nie haar sesjarige dogter moet help om haar woorde te leer nie.

Die egpaar het ook ’n vierjarige seun, Gabrian. Die gesin woon tans in Eersterust in Pretoria. Magdalena het verlede jaar aan Huisgenoot vertel dat daar nog nie ’n geval was waar Gabby se maatjies nie kon onderskei tussen haar en haar karakter in Hillside op die kassie nie. 

“Haar maatjies vra haar wel uit oor haar karakter en sy antwoord graag," het Magdalena toe vertel.

Gabriella erken ook dat sy meer maatjies kry weens haar rol in 7de Laan.

“Ek maak ook baie maats as gevolg van my gesindheid.”

Wen tot R28 000 met jou graadeentjie se grootskoolfoto!
Gaan jou kind die eerste keer “grootskool” toe? Skryf in vir ons Pep Graadeentjie-kompetisie vir ’n kans om kontantpryse vir jou en jou kind se skool te wen. Suid-Afrika se no. 1-skoolwinkel bied lae pryse en hope terug-skool-toe-besparings om jou kind uit te rus sonder om jou sak te ruk. Die kompetisie begin op 15 Januarie 2020. Lees hier hoe die kompetisie werk en wat jy moet doen om die lekker kontantpryse te wen.