Maar die appel val nie ver van die boom af nie. Die geliefde 7de Laan-aktrise en haar man, Ryan Huffman, se twee dogters, Lara (5) en Charlotte, (8),  is ewe omgeweingsbewus.

Hulle het onlangs saam met hul ma die mooiste foto's in die natuur geneem. 

“Ek het die fotosessie gereël om bietjie my liefde vir die natuur uit te beeld,” verduidelik Quinne. Die pragfoto's lê duidelik klem op die bewaring van die omgewing.

quinne brown huffman,aktrise,7de laan
Die aktrise Quinne Brown Huffman straal behoorlik. Foto: Donovan Roets Photography

“Die foto’s waarin my dogtertjies verskyn, het spontaan gebeur omdat hulle die dag saam met my gegaan het. Soos die meeste dogtertjies geniet hulle dit om met grimering te speel en mooi aan te trek,” sê die aktrise. 

quinne brown huffman,aktrise
Foto: Donovan Roets Photography

“Terwyl Lara baie lief vir die kamera is, is Charlotte mal oor die kuns agter beelde. Sy het al ’n hele reeks rokke geteken en ontwerp. Een van die dae sien julle my in een van haar rokke,” skerts Quinne. 

Volgens die aktrise hou hulle daarvan om gesinsfoto’s vir die pret te neem. “Ek probeer dit ook so natuurlik as moontlik voor die kamera hou en maak heeltyd grappies.”

quinne brown huffman,aktrise
Foto: Donovan Roets Photography

Quinne se fotosessie was onderskeidelik in Delta Park en in Braamfontein in Johannesburg geneem. 

“Die geel Avant Garde-rok waarin ek in die stad afgeneem is, is deur Kobus Rautenbach ontwerp,” vertel Quinne. 

Quinne in 'n pragtige 50's geïnspireerde skepping deur Kobus Rautenbach Couture. Foto; Donovan Roets Photography
quinne brown huffman,aktrise
Foto: Donovan Roets Photography

Die rok is van goiing-sakke gemaak en deur die 1950’s geïnspireer. Ou artikels uit koerante is ook gebruik om die rok af te rond en die groot pienk strik is uit ou lap gemaak. 

Quinne se grimering is deur Chane Heroldt gedoen. “Sy het selfs die wimpers geverf en juwele uit koerant gemaak,” sê Quinne.

Quinne en haar dogtertjies maak ook vir die pret soms eko-bakstene.

“Al was ek omgewingsbewus voor ek ’n aktrise was, het Lara by die skool geleer hoe om eko-bakstene te maak en wou sy hê ons moet dit by die huis beproef,” het Quinne voorheen aan Huisgenoot vertel.

quinne brown huffman,aktrise
Die aktrise se wimpers is geverf en juwele van koerant gemaak. Foto: Donovan Roets Photography

“Dit vat ’n ruk om een 2 liter-plastiekbottel met plastiek vol te kry so daarom is dit ons stiltetyd saam. Ons sal dan mekaar vermaak deur stories te vertel” borrel Quinne oor die spesiale tyd saam met haar dogters.

Die aktrise en haar gesin doen graag skoonmaakveldtogte in parke. 

“Behalwe vir eko-bakstene gaan ons in die middae na skool gereeld vir piekniek en sal ons die vuilgoed in die parke, veral plastiek, optel en weggooi.”

“Klein Lara sal haar altyd vererg vir mense wat rommel strooi en vra my altyd: ‘Mamma, wat kan ons doen om te verhoed dat mense rommel strooi,’ ” voeg sy by. 

Quinne bedank:

Foto's: Donovan Roets Photography

Hare en grimering: Chinique Cosmetics Makeup Artist & Hairstylist

Rooi/Maroen rok ontwerp deur: Silver Swallow Design en verskaf deur Nicky's Closet - Make

Up, Dress & Image Studio

50's geïnspireerde Avant Garde Pin Up rok (met herwinbare elemente): Kobus Rautenbach Couture

Bykomstighede: Nicky's Closet - Make Up, Dress & Image Studio