Denver, wat onlangs te sien was as Richard Goliath, die bose oom van Michelle (Greta Pietersen) en Stefan (Gideon Lombard) se aangenome seun Quinton (Leighmen Marshall) in die gewilde kykNET-sepie Suidooster, het die opwindende nuus met sy Instagram-volgelinge gedeel. 

View this post on Instagram

Pitter-patter. . .

A post shared by ????Denver S. Vraagom???? (@denver_vraagom) on

“Welkom, Hannah Elizabeth. Ons kosbare bondeltjie vreugde het om 09:08 haar opwagting gemaak en 4005 g geweeg,” skryf die trotse pa. Denver en Ingrid, wat bes bekend is as Vanessa Meintjies in die sepie 7de Laan, se tweede dogter is Donderdag gebore.

View this post on Instagram

Welcome Hannah Elizabeth? Our precious, little bundle of joy made an entrance at 09h08, weighing in at 4005g. @ingrid.paulus.vraagom77

A post shared by ????Denver S. Vraagom???? (@denver_vraagom) on

Die paartjie het reeds ’n 15-jarige dogter Skye.

Die 7de Laan-span het die paartjie ook op die sepie se amptelike Instagram-blad gelukgewens en skryf: “Baie geluk Ingrid en Denver met die geboorte van jul dogtertjie Hannah Elizabeth wat op 6 Februarie om 09:08 gebore is en ’n gesonde 4 kg geweeg het. Mag sy julle lewe met vreugde vul! Welkom klein Hannah.” 

Denver, wat destyds die rol van Sheldon vertolk het in 7de Laan, het ’n dag voor klein Hannah se geboorte ’n foto van ’n skandering in die sosiale media gedeel en laat hoor hy kan nie meer wag tot hul dogtertjie se koms nie. 

“Ons wag in afwagting, kleinding. ’n Bietjie angstig . . . ’n bietjie senuwees . . . Maar baie opgewonde. Kan nie wag om jou môre te ontmoet nie.” 

Die akteurspaar het in September verlede jaar aan die tydskrif Kuier verklap dat Ingrid op 43 swanger is met hul tweede kind. 

“Ek was so gelukkig toe ek uitvind ek is swanger, want selfs voor ons uitgevind het ons is swanger, het ons van aanneming ook gepraat. Tog was ek bang om vir Denver te sê ek is swanger, maar ek dink hy het geweet,” het Ingrid toe aan Kuier vertel. 

Baie geluk julle!