Daarna het hulle behoorlik oor hul voete geval om te twiet oor haar “werketiek” en hoe goed sy ná haar egskeiding lyk.

“Lyk of 140 miljoen nie die enigste ponde is wat Adele in haar egskeiding verloor het nie,” twiet ’n waarnemer met verwysing na die skikking wat sy glo aan haar 46-jarige eks betaal het.

Terwyl aanhangers dit eens was die sangeres lyk pragtig in haar Elzinga-rok ter waarde van R15 900, het haar skokkende gedaantewisseling die internet verdeel.

“Adele was oorgewig en in gevaar. Sy het ’n goeie ding gedoen wat harde werk en dissipline geverg het,” twiet ’n aanhanger.

Iemand anders verskil en vra haar volgelinge prontuit: “Is ek die enigste een wat dink Adele het voor haar gewigsverlies beter gelyk?”

Volgens ’n bron is aanhangers nie die enigstes wat oor die ster se toewyding aan haar verslankingsreis besorg is nie.

Terwyl die sangeres, wat ’n sewejarige seun, Angelo, het, nog nie haar drastiese gewigsverlies in die openbaar bespreek het nie, is party van haar vriende baie bekommerd dat sy obsessief, en haar eet- en oefengewoontes ongesond, raak.

“Niemand betwis dit dat sy skitterend gevaar het om die gewig te verloor nie, maar nou raak dit obsessief,” beweer ’n bron.

“Vriende is ’n bietjie besorg dat sy dit dalk te ver voer. “Sy eet piepklein porsies en oefen gedurig in die gim – dikwels tot drie keer per dag.” Maar die bron voeg by Adele verseker almal hulle hoef hulle nie te bekommer nie. “Sy is gesond en hou van haar nuwe leefstyl.”

Haar voormalige afrigter, Pete Geracimo, het op Instagram tot die sangeres se verdediging gekom.

View this post on Instagram

As Adele’s former London-based personal trainer, it’s disheartening to read negative commentary and fat-phobic accusations questioning the genuineness of her amazing weight loss. In my personal experience of working with her through many highs and lows, she always marched to the beat of her own drum on her own terms. She never undermined her God-given talent in any way. She let her incredible voice do the talking, or should I say singing! She never once pretended to be something that she wasn’t. What you saw was what you got. And we all LOVED it! When Adele and I started our journey together, it was never about getting super skinny. It was about getting her healthy. Especially post pregnancy and post surgery. When 25 dropped and the tour announced, we had to get ready for a 13 month gruelling schedule. In that time, she warmed to training and made better food choices. As a result, she lost considerable weight and people took notice. Her body transformation was splashed across every media outlet. The attention it generated was mind-blowing. Since she moved to LA, it’s been well documented that she underwent some tough personal changes. It’s only natural that with change comes a new sense of self and wanting to be your best possible version. She embraced better eating habits and committed to her fitness and “is sweating”! I could not be prouder or happier for her! This metamorphosis is not for album sales, publicity or to be a role model. She is doing it for herself and for Angelo. My hope is that people appreciate the hard work that Adele has done to improve herself for the benefit to her and her family only. She did not lose the weight to make others feel bad about themselves. This personal transformation has nothing to do with me or you. It’s about Adele and how she wants to live her life. She has not changed from the Adele we grew up with and have loved. There is just a little less of her to go around. #adele #fabulous #strong #songbird #transformation #powerful #voice #love #rumorhasit #pt

A post shared by Pete Geracimo (@petegeracimo) on

“As Adele se voormalige persoonlike afrigter in Londen is dit ontmoedigend om die negatiewe kommentaar en vetfobiese beskuldigings te lees wat die egtheid van haar wonderlike gewigsverlies bevraagteken,” skryf hy in ’n aangrypende Instagramplasing.

“Toe ek en Adele ons reis saam begin het, het dit nooit gegaan oor brandmaer raak nie. Dit het daaroor gegaan om haar gesond te kry.”