Pleks daarvan om soetsappig te wees, is dié abstrakte veldtog eerder alternatief, dramaties en humoristies. Die doel is om mense aan te spoor om by die ATKV aan te sluit deur aksie
te neem om Afrikaans te laat voortleef, net soos wat ’n aksieheld sou
doen.
Die sanger, akteur en aanbieder Bouwer Bosch, die skrywer en rapper Simon Witbooi (HemelBesem), die digter en resensent Bibi Slippers en die skrywer en aanbieder Piet Matipa is die vier verteenwoordigers van die veldtog.
HemelBesem
“Dit is my vierde jaar wat ek by die ATKV betrokke is,” sê Hemelbesem, wat ook ’n ambassadeur vir ATKV-Crescendo is.
"Dit is vir my belangrik om my demografie te verteenwoordig en die heldedade wat Afrikaans na die tafel toe bring.”
Piet Matipa
“Die doel van hierdie veldtog is om vir mense te wys dat Afrikaans ’n cool taal is en ek hoop hulle besef dit. Dit is ’n lekker taal!”
Bibi Slippers
“Daar is baie vooropgestelde idees oor wat ’n Afrikaanse mens is en hoe hy lyk; die ATKV doen belangrike werk om dit uit te daag,” sê Bibi.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET