Amalia, wat veral bekend is vir haar rol as Sanmarie in 7de Laan, het onlangs foto’s van hul blaaskans in die sosiale media gedeel.

Die paartjie het reeds die strate van Tel Aviv in Israel verken, verskeie markte besoek, nuwe disse probeer en heerlik uitgespan op die strand. 

Amalia het onlangs klaar verfilm aan Huisgenoot en kykNET se nuwe fliek, Vergeet My Nie, wat volgende jaar op Valentynsdag uitgereik word. 

Dié fliek is deur die ware liefdesverhaal van Hugo en Mardeel Derks van Gobabis in Namibië geïnspireer. 

Amalia vertolk die rol van Thea, wat Hugo al sedert haar kinderdae in Namibië ken.

"Sy werk op skepe en reis die wêreld vol. Sy is 'n vrygees, plat op die aarde, het 'n gesonde selfbeeld en is baie lief vir haar vriende. Sy is aanpasbaar en 'n ewige optimus," het Amalia kort voor Vergeet my Nie se verfilming aan Huisgenoot gesê.  

"Thea is nogal baie soos ek. Ek sien uit om haar te speel omdat helfde van my familie van Namibië af kom en ek nog altyd na aan die land gevoel het. Ek identifiseer met haar persoonlikheid, maar ook met waar sy vandaan kom. Ek is net so lief vir reis en dit was vir my een van die groot trekpleisters aan die projek."

Tonele vir Vergeet My Nie is in Potchefstroom, Johannesburg, Namibië en Londen, Engeland verfilm. 

“Dankie julle! Die herinneringe is steeds so helder soos ’n Namib-sonsondergang,” het sy kort ná die verfilming by foto’s van haar en van haar mede-akteurs geskryf.

Die Vaselinetjie-aktrise Marguerite van Eeden vertolk die rol van Mardaleen en die Alles Malan-akteur Sean-Vorster speel Hugo.

Amalia, wat ook ’n aanbieder is van die SABC2-joernaalprogram Pasella is, en Shaun, het in Desember 2017 die knoop deurgehaak. 

Hulle het ook verlede jaar saam met haar goeie vriendin, die Getroud Met Rugby-aktrise Christel van den Bergh en haar man JP van der Merwe, in Italië gaan vakansie hou

En as jy kyk na die foto's lyk dit asof hulle steeds net so verlief is soos die dag toe hulle ’n paar jaar gelede aan die Weskus ontmoet het.  

View this post on Instagram

Ek het jou lief @shaungolding ????

A post shared by Amalia Uys (@amaliauys) on

Dis ook hier waar Sean die jawoord gevra het terwyl hulle by haar ouers op Port Owen aan die Weskus gekuier het.