Die Knapsekêrels-aktrise het onlangs foto’s op Instagram gedeel van haar groeiende bababoep. Sy het daarby geskryf: "37 weke in . . . kan nie meer wag om die klein mens in my pens vas te hou nie, te soen, te ruik en net in te neem."

Sy is baie opgewonde oor die klein lyfie wat binne die volgende paar dae haar opwagting gaan maak, vertel Ciske.

"Die dokter het alreeds gesê dit lyk of die baba lus het om te kom, so nou wag ons," vertel sy opgewonde aan Huisgenoot.

Sy en haar man, Kristof Kruger, het baie gebid oor die nuwe kleinding se naam en besluit hulle gaan haar Elisa, soos die Bybelse profeet, noem.

"Dit beteken God is my redding en dat ek toegewy is aan Hom," het sy voorheen aan Huisgenoot vertel.

View this post on Instagram

Liewe mooiste weskus????

A post shared by Ciske Kruger (@ciske79) on

Ciske, wat veral bekend is vir haar rolle in Bakgat! en Getroud met Rugby, en haar man het reeds ’n tweejarige dogter, Klara. Sy het ook ’n tienjarige dogter, Amelie (uit haar huwelik met die akteur Ivan Botha).

"Ek wil graag normaal kraam – net soos met Amelie en Klara," sê sy. "Die derde keer is natuurlik anders; dis veral moeiliker op jou lyf, want jy is ouer. Al het ek nie moeilike swangerskappe gehad nie, is dit die moeilikste van die drie," sê sy.

Die twee sussies is net so opgewonde soos hul mamma oor die koms van nog ’n kleinding. 

View this post on Instagram

I love you love you love you

A post shared by Ciske Kruger (@ciske79) on

View this post on Instagram

My 3 loves

A post shared by Ciske Kruger (@ciske79) on

"Amelie is ’n vreeslike oulike moederhen met Klara. Nou gaan sy nog meer wees. Albei my dogters het sagte en liefdevolle geaardhede. Hulle reageer baie opgewonde teenoor my maag," vertel sy.

"Dit is regtig ’n seëning om een van die dae drie dogters in die huis te hê," voeg sy by.