Sy het onlangs ’n foto in die sosiale media gedeel, waar hul dogtertjie se gesig nie sigbaar is nie, om die nuus aan te kondig. 

Sedertdien het die gelukwensings vir die egpaar, wat twee jaar lank getroud is, ingestroom. 

View this post on Instagram

A post shared by Simone´ Pretorius (@simonenortmann)

“Ons harte loop oor saam met julle! Oneindig dankbaar vir haar . . . welkom in die beautiful wêreld, beautiful klein mensie! Ons is só lief vir jou (en jou mamma en pappa),” skryf die aktrise Donnalee Roberts.

“Perfek! Baie geluk liewe mens! Mag sy vir julle al die vreugde van die hemel bring!” skryf die sangeres Caroline-Grace Brüssow wat onlangs vir die tweede keer ma geword het. 

Simoné het voorheen aan Huisgenoot vertel dat sy ’n wonderlike swangerskap gehad het en nie veel het om oor te kla nie, behalwe dat haar klere elke drie weke nie meer pas nie!

View this post on Instagram

A post shared by Simone´ Pretorius (@simonenortmann)

Dit het Simoné en Andries lank geneem voor hulle op die naam Harper vir hul eersteling besluit het. 

“Ons het die betekenis gaan soek agter alles wat ons gesien en wat mooi is, want naambetekenisse is vir ons belangrik,” het sy toe vertel

“Ons soek toe ‘Harper’ op, en al wat dit gesê het was ‘harpist’. Ons was toe ’n klein bietjie teleurgesteld, want dit klink ’n bietjie vervelig.” 

Sy het toe besluit om haar na die Bybel te wend, en so lees sy toe 1 Samuel 16: 14-23. 

“Ek lees toe oor Dawid wat die harp gespeel het vir koning Saul toe ’n boosaardige gees hom geteister het. Terwyl Dawid die harp vir hom gespeel het, het Saul bedaar en die boosaardige gees het hom verlaat.” 

In daardie oomblik sê Simoné het die Here vir haar en Andries gewys dat Harper wêrelde gaan verander, net soos Dawid se harp. 

“Baie dinge het toe begin sin maak,” vertel sy. “En toe’t die naam al hoe meer begin pas by die profetiese woorde, visioene en dinge wat ons ervaar het.” 

Klein Harper is die eerste kleinkind aan albei kante van die familie. 

Die aktrise se grootste wens vir haar dogtertjie? “Om die Here te ken.” 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe