Talle glansmense het vanjaar kleingoed verwelkom. Rolene Strauss, wat in 2014 as Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld gekroon is, en haar man, die sakeman D’Niel Strauss, het in Januarie die ouers geword van ’n seun.

My whole life in one picture... #LOVE They give me purpose ??

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

In dieselfde maand is die sanger Pieter Smith en sy vrou, Yolandi, se eersteling, ’n dogter genaamd Alexei, gebore.

Pieter en Yolandi Smith met klein Alexei. Foto: Martin de Kock

Anneke, die eerste dogter in die aktrise Lika Berning en haar man, Clyde, se kroos van drie, is in Februarie gebore.

In dieselfde maand het die sangeres Andriëtte en haar man, Glynn Moolman, se bulletjie, Graham, ook sy opwagting gemaak.

My kleine bababeer al 8 maande oud vandag.Sjoe tyd vlieg.xxx

A post shared by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on

Die komediant Emo Adams en sy vrou, Michelle Gildenhuys, het in Maart ’n tweede seun, Ziah, ryker geword.

Die aktrise Hildegardt Whites en haar man, die musikant Kuba Silkiewicz, se eersteling, Miles, is in April gebore.

With my special????????

A post shared by Hildegardt Silkiewicz (@hildesilkiewicz) on

Die sanger Steve Hofmeyr het in Junie vir die sesde keer pa geword toe hy en sy vrou, Janine, hul dogter, Romy-Lee, verwelkom.

Touring makes you appreciate things so much more...

A post shared by Steve Hofmeyr (@steve.hofmeyr) on

Die sanger Dewald Wasser­fall en sy vrou, Anél, het in Julie die ouers geword van ’n seun.

“Working dad” The show must go on!

A post shared by Dewald Wasserfall (@dewaldwasserfall) on

Riana Nel het onlangs vertel hul huishouding voel eindelik soos ’n gesin nadat sy en haar man, Cornel de Beer, se tweede seun in September gebore is.

Riana Nel met haar seun. Foto: Life with Jimmy.

In Oktober het Karlien van Jaarsveld en haar man, Joe Breytenbach, ’n dogter, Elah, ryker geword.

Die vorige maand het Boer Soek ’n Vrou se Gerrie en Carna Rossouw ook ’n dogter, Sanri, verwelkom. 

Baba Rossouw

A post shared by Gerrie Rossouw (@gerryontop) on

Van die sportsterre by wie die ooie­vaar gekuier het, is die Springbok-rugbyspeler Franco Mostert en sy vrou, Juan-Ri, in Maart (Joia-Belle).

Springbok Elton Jantjies en sy meisie, Iva Ristic, ook in Maart (Noah).

Yes Noah you are afro too.

A post shared by Iva Ristic® (@ivariss) on

Springbok Warren Whiteley en sy vrou, Felicity, in Junie (Samuel).

John 3:16 #happyeaster

A post shared by Warren Whiteley (@warren.whiteley) on

Springbok Siya Kolisi en sy vrou, Rachel, einde November (Keziah).

Good Morning ??????

A post shared by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Van die ander rugbyspelers sluit in die Proteas Faf du Plessis en sy vrou, Imari, in Junie (Amélie), asook

AB de Villiers en sy vrou, Danielle, in Julie (John Richard).