Die Getroud met rugby-akteur het onlangs oulike foto’s van hom op die verhoog gedeel waarin die kleine Alexander ook saam met hom sing. 

“Hy hou baie daarvan om te sing, en veral as sy oupa Joseph Clark en sy oom, Zetske se broer, Peach van Pletzen, sing. Maar ons gaan hom nie in ’n rigting in forseer nie. Hy kan later self besluit wat hy wil doen. Ons stel hom net bloot aan soveel as moontlik,” vertel Altus aan Huisgenoot

En nes sy pa, hou Alexander daarvan om kitaar te speel.

“Hy speel graag saam met my kitaar en is soms ‘moelik’ om te rehearse, want hy vat die kitaar oor! Hy het ook sy eie speelgoedkitaar waarop hy graag speel, en sit dan ’n groot show op,” sê Altus. 

Sy liefde vir musiek is nie al ding wat hy van sy pa geërf het nie. Alexander wat onlangs sy derde verjaardag gevier het is net so gaande oor motorfietse soos sy pappa.

“Hy love motorfietse! Hy ry graag met sy eie speelgoed-een en ek en hy ry gereeld met mamma se scooter rond,” sê Altus. 

Maar hy het darem ook sekere eienskappe by sy ma, die aktrise Zetske, wat deesdae ook ’n modeontwerper is, geërf.

“Zetske sing self beautiful, so hy’t dit vir seker ook by haar gekry, maar hy het definitief haar dansgene en ritme gekry,” vertel Altus. 

View this post on Instagram

Alexander’s duck face game is strong. ??

A post shared by Zetske van Pletzen (@zetskevpletzen) on

Die oulike gesin hou daarvan om tyd saam by die huis deur te bring en met Alexander te speel, sê Altus.

“Ons gaan ook gereeld parkie toe dat hy kan klimraam klim en met sy fiets kan ry. En hy hou daarvan om vir pappa te help braai en vir mamma in die kombuis te help.”

View this post on Instagram

A boy on a beach. #2years10months

A post shared by Zetske van Pletzen (@zetskevpletzen) on

Alexander is ook mal oor die see en “om te swem en op die strand te speel”.