Hoewel die twee al op 25 Augustus verlede jaar afgehaak het, kon hulle nie dadelik dié groot geleentheid vier nie.

View this post on Instagram

Finally going on our honeymoon! ???? - #married #honeymoon #weddedbliss #luxuarytravel #husbandandwife #justus #matchingtshirts #couplegoals #zanzibar #couplethings #arendsvlei #mikhoog

A post shared by Ann Juries-May (@ann.juriesmay) on

“Toe ons getrou het, was ons besig met werk, en ons kon nou eers verlof kry,” vertel Ann. 

“Ons het mekaar beloof wanneer ons eindelik op wittebrood gaan, dit asem­rowend sal wees en dat ons net sal ontspan.”

Dit was die moeite werd, het sy sorgvry uit Zanzibar laat hoor.

“Vir my is die see in Zanzibar die beste! Die water is so blou en warm, ons spandeer ure in die oseaan,”  vertel Ann. 

 

“Ons snorkel ook baie, was op die gewilde Zanzibar Spice-toer en het na skilpaaie wat 196 jaar oud is gaan kyk,” voeg sy by.