Quanita, wat bekend is vir haar rol as Lizzie in die kykNET-dramareeks Sara se geheim en nou ook as die hawelose vrou, Laetitia, in die telenovelle Arendsvlei, het foto’s van hul vakansie met haar Instagram-volgelinge gedeel.

View this post on Instagram

#wheninflorida #manateelanes #bowling #glowing

A post shared by quanita (@quanitadams) on

View this post on Instagram

#thereuben #reubensdeli #atlanta

A post shared by quanita (@quanitadams) on

Die paartjie het al onder meer rolbal gaan speel en plaaslike markte besoek en daar gesmul aan biltong en tuisgemaakte gemmerbier. 

Van die aktrise se 8 871 Instagram-volgelinge kon nie glo dat hulle biltong in Atlanta eet nie. "Biltong in Atlanta?" wou een weet.

Van hulle het Quanita ook gekomplimenteer oor haar jongste rol as die hawelose vrou, Laetitia Meintjies in Arendsvlei. In die telenovelle neem haar karakter die hawelose skoolseun Daniel Lafras (Cantona James) onder haar vlerk. “Jy is briljant in Arendsvlei," skryf een van haar volgelinge. 

View this post on Instagram

Meet Laetitia. @arendsvlei #arendsvlei #wemaketv

A post shared by quanita (@quanitadams) on

Quanita, wat vir die eerste seisoen van Arendsvlei deel was van die skryfspan, het voorheen aan Huisgenoot vertel sy is gek oor dié rol. “Dit het my herinner aan die rol van Lena wat ek in die teaterstuk Boesman en Lena gespeel het,” het sy toe gesê. 

’n TV-produksie The Riviera wat gegrond is op die aktrise se lewe, word ook vroeg volgende jaar op SABC 2 uitgesaai. Sy is natuurlik baie opgewonde daaroor en skryf: “My hart ontplof. Baie dankie dat ek my verhaal kon behou. Liefde vir die rolverdeling en produksiespan.”

Quanita en haar man het intussen ook vroeër vanjaar hul eerste huweliksherdenking gevier. Sy het by ’n foto van haar en Brian geskryf: “Sjoe, ek is lief vir die man. Hier is op vele meer.” 

Sy en Brian was vir meer as vyf jaar ’n paartjie voordat hulle eindelik in Januarie verlede jaar afgehaak en in Julie hul huwelik met ’n spoggerige onthaal gevier het. 

Die aktrise het gespog met 25 strooimeisies. Hieronder was die oud-7de Laner Diaan Lawrenson, die voormalige Isidingo-aktrise Kim Engelbrecht en Nadia Valvekens, wat onlangs in die dramareeks Alles Malan te sien was.

View this post on Instagram

This!

A post shared by quanita (@quanitadams) on

Die onthaal was by die Kaapse stadsaal, wat vir die aktrise baie spesiaal is. Hulle het kort daarna in Portugal hul wittebrood gevier.