Christia Visser

Christia en haar verloofde, Thomas Webb, het onlangs De Kelders op Gansbaai en Tierkloof in die Wes-Kaap besoek.

View this post on Instagram

Adventure upon adventure... I'll do it all with him ?? #View #Winter #4x4 #Mountain #adventure #couple #love #happiness #nature #instadaily

A post shared by C h r i s t i a V i s s e r (@christia_visser) on

“Ek voel of ek weer opnuut kan asemhaal in die natuur en of al my probleme dan net ’n klein bietjie verder terugstaan,” sê sy.

‘Daar is niks soos die natuur om jou weer perspektief te gee nie,’ sê Christia.

Mila Guy

Die aktrise, wat nou as Lana in die sepie 7de Laan te sien is, het ’n stapklub vir haar en haar vriende begin. “Ons stap lekker, gesels en hou piekniek,” vertel Mila oor hul staptogte in Gauteng.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

“Ek dink dis so goed vir ons almal se gemoed om op ’n Sondag ons week so af te sluit, maar ook ons nuwe week so te begin met die natuur en ’n bietjie oefening,” sê sy.

Marc Lottering

Nee, hy is nie aangehou nie, het die komediant Marc Lottering gespot by dié foto wat hy met sy volgelinge op Instagram gedeel het.

Hy het net gesukkel om te besluit hoe om te poseer en was deur die oomblik oorweldig.

‘Eerste amptelike drafsessie, want somerlyfies word mos in lockdown gemaak,’ skryf hy.

Len Muller

As dit nie vir die natuur was nie, sou die sanger Len Muller en sy vrou, Chanél, ’n baie moeiliker tyd in die inperking gehad het.

Die egpaar, wat deesdae in Kaapstad woon, gaan gereeld op stranduitstappies in dié gebied.

‘Ek surf ook nou weer, wat baie lekker is. Dis soos ’n terapiesessie,’ vertel Len, wat binnekort sy nuwe enkelsnit, “Toevlug”, uitreik.

Jeremy Loops

Dis duidelik dat seewater vir die sanger Jeremy Loops nog net so belangrik is soos sy tweede album, Critical as Water, voorstel.

“Ek voel so dankbaar om weer in die see te kan swem,” skryf Jeremy in die sosiale media by foto’s waar hy branderplankry.

Cindy Nell-Roberts

Dié sakevrou en voormalige Mej. Suid-Afrika hou daarvan om haar oggend in die natuur te begin. As jy haar nie langs die strand gewaar nie, is dié ma van twee besig om die een of ander bergroete kaf te draf.

“Goeiemore, wonderlike wêreld,” skryf sy opgewek by dié Insta-kiekie. 

View this post on Instagram

Good morning wonderful world ??

A post shared by Cindy Nell-Roberts (@cindy_nell) on

Schalk Brits

Die gewese Springbokhaker Schalk Brits, wat deesdae op Stellenbosch woon, het dié foto van hom wat saam met sy twee oudste seuns, Christian en Hunter, in die berg fietsry in die sosiale media gedeel.

“Avontuurresies met dié twee crazies,” het die pa van drie by die foto laat hoor.

View this post on Instagram

Adventure racing with these two crazies.

A post shared by schalkbrits (@schalkbrits) on

Jesse Kriel

Terwyl die Boksenter Jesse Kriel in spanning wag om weer sy teenstanders op die rugbyveld plat te duik, hengel hy om die tyd te verdryf.

Jesse het trots op Instagram gespog met ’n reënboogforel wat hy onlangs in die Vrystaat gevang het.

View this post on Instagram

Trout Tour ??

A post shared by Jesse Kriel (@jessekriel15) on

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe