Van die grootste sterre van die Afrikaanse musiekwêreld het van 14 tot 17 Maart in die Grand Arena by GrandWest in die Kaap bymekaargekom om konsert­gangers met hul gunsteling­liedjies te bederf.

Tarryn Lamb en Corlea Botha maak reg vir ’n vertoning. Foto: Verskaf

Sangers soos Karlien van Jaarsveld, Jo Black en Refentse het in die vyf vertonings verseker daar is nie ’n enkele ver­velige minuut tydens die drie uur lange program nie. 

Bobby van Jaarsveld en sy suster, Karlien. Hy sit met haar dogtertjie, Elah, op sy skoot. Foto: Verskaf

“Elke vertoning het ’n ander energie. Pre­toria se saal was groter, maar Kapenaars maak daarvoor op met hul amazing energie,” sê Armand Aucamp, wat saam met Christel van den Bergh die seremoniemeester van die konserte was.

Die seremoniemeesters, Christel van den Bergh en A
Die seremoniemeesters, Christel van den Bergh en Armand Aucamp. Foto: Verskaf
Riana Nel en Demi Lee Moore.
Riana Nel en Demi Lee Moore. Foto: Verskaf