JUANDRÉ KRUGER

Die gewese Springbok- en Blou Bul-rugbyspeler Juandré Kruger, wat tot onlangs vir die Blou Bulle uitgedraf het, en sy vrou, Monique, se dogtertjie, Siénna, het Vrydag met gr. 1 begin.

Juandré het op Instagram 'n foto van sy dogtertjie op haar groot dag gedeel. "Ek wens my prinsessie 'n wonderlike eerste dag by die skool toe! Jy is uniek, so vertrou jouself," skryf Juandré. 

“Gr. 1, ons kom vir jou! Dié klein meisie is gereed om haar skoolreis aan te pak!” het Siénna se trotse ma, Monique, op Instagram laat hoor. 

Die egpaar het nog 'n dogter, Harper (3), en 'n vierjarige seun, Carter.

JAY DU PLESSIS

Die sanger Jay du Plessis se tweede jongste seuntjie, Luka, het ook Vrydag ‘grootskool’ toe gegaan. Jay, wat vier seuns het, het die nuus op sy Instagram-blad bekend gemaak en 'n kiekie van hom en sy vrou, Mia, en klein Luka gedeel.

"My derde gr. 1. Waar gaan die tyd heen? Nog een om te gaan."


VICKY DAVIS 

Die aktrise Vicky Davis, wat onlangs na sepieland teruggekeer het as Robin in die kykNET-sepie Suidooster, se sesjarige dogtertjie, Lira, het ook haar skoolloopbaan begin.

Die televisieaanbieder en aktrise Vicky Davis saam
Die televisieaanbieder en aktrise Vicky Davis saam met haar kinders, Jean-Luc en Lira. Foto: Jacques Stander

Die ma van twee het 'n foto van Lira se eerste skooldag op Instagram gedeel. "Eerste dag van die volgende 12 jaar!" het Vicky laat hoor.


VICTOR MATFIELD

Die oud-Springbok en sy vrou, Monja, se jongste dogter, Tamsin, sit ook vir die eerste keer op die skoolbanke. "Tamsin se eerste daggie van skool," het die pa van drie trots op Instagram laat hoor by kiekies van Tamsin op haar eerste skooldag. 

SORINA ERASMUS

Sorina Erasmus, oftewel die Flooze, se seuntjie, Braam (6), het ook vandag met gr. 1 begin. "Braambossie Seuntjielief. Toe ek swanger was met jou in my lyf, het ek dié liedjie 'Welkom in ons wêreld' spesiaal vir jou geskryf," het die sangeres op Instagram geskryf. "En die woorde is steeds van toepassing jare daarna, dat my arms as aardse anker jou sal vashou en dra.

Die sangeres en aktrise Sorina Erasmus en haar kro
Die sangeres en aktrise Sorina en haar kroos, Braam en Miana, op die Irene-suiwelplaas in Centurion. Foto: Sharon Seretlo

"Ek spreek oor jou skoolloopbaan God se seën, my seun. Gaan skyn jou liggie helder as 'n blinkoog graadeen. Vir ewig en nou, altyd by jou, elke tree wat jy sal gee in jou daaglikse grys, sal ek hand aan hand vir jou, God se rigting wys. Word groot, bly klein en laat jou liggie altyd skyn.”


ELIZMA THERON

Die sangeres Elizma Theron se dogtertjie, Eli-zé (6), het ook vandag met grootskool begin. "My mamma-hart pyn vanoggend," het Elizma op Facebook geskryf. "In ongeloof oor hoe vinnig tyd jou van 'n bababtjie na 'n graadeentjie gevat het. Maar in dieselfde trane lê daar ook soveel trots oor die pragtige dogtertjie wat jy geword het. Ek bid 'n onvergeeflike gr. 1 en hele skoolloopbaan oor jou my sagte ou siel meisiekind. Mag Jesus jou by die hand vat en elke tree saam met jou stap.

Elizma, haar man Nico Grobbelaar, en hul kinders E
Elizma, haar man Nico Grobbelaar, en hul kinders Eli-zé en NJ. Foto: Verskaf

"Mag jou geestesore oop wees vir sy stem en mag Hy jou seën met ware en goeie vriende wat jou lewe vir baie baie jare sal verryk. Laat jou liggie helder skyn my enkelkind. Lief vir jou."

 

MINKI VAN DER WESTHUIZEN 

Die TV-aanbieder Minki van der Westhuizen se tweede oudste dogter, Elise (6), het ook vandag met gr. 1 begin. Minki het 'n kiekie van die groot oomblik op Instagram gedeel. "My rykdom! My grootste prestasie! My dogtertjiefees!" het die ma van drie laat hoor.

Toe Elise en haar ousus, Katerien (7), wat in gr. 2 is, tydens die inperking moes tuisbly, moes Minki en haar man, die oud-rugbyspeler Ernst Joubert, nes talle ander ouers die land oor ook hul lyf onderwyser hou.

“Ek het besef ek het nie die geduld daarvoor nie. Ek is so dankbaar vir alle juffrouens daarbuite,” het Minki verlede jaar aan Huisgenoot vertel.

Die egpaar se jongste spruit, Elsa, vier in Maart haar derde verjaardag.

Kyk wie gaan hoërskool toe!

ILSE KLINK 

Die aktrise Ilse Klink, wat tans Dorothy Galant in die telenovelle Arendsvlei vertolk, se seun, Joshua (14), het amptelik met sy hoërskoolloopbaan begin.

Ilse het ook 'n ouer dogter, Tyler (27). "Wat ek die meeste van ma-wees geniet, is hoeveel hulle my leer het," het Ilse verlede jaar aan Huisgenoot vertel. “Ek is veronderstel om die ouer te wees en hulle die kinders, maar hulle leer my so baie oor myself en die lewe,” het sy toe vertel.

Tuis by haar dogter, Tyler, en seun, Joshua. Foto:
Tuis by haar dogter, Tyler, en seun, Joshua. Foto: Verskaf

LINDIE STRYDOM

Die oudaktrise Lindie Strydom, wat bekendheid verwerf het as Karin in die sepie Egoli, se tweeling, Hugo en Nina, het vroeër vandeesmaand hul eerste dag in gr. 8 in Somerset-Wes begin.

Lindie se ouer seun, Paul, is tans in gr. 10.

Lindie het in Oktober aan Huisgenoot vertel sy en haar man, Johann, en hul drie kinders trek Kaap toe. "Johann het 'n werk gekry in die Kaap, so ons maak die groot skuif daai kant toe," het Lindie, wat toe vir meer as 12 jaar by GROOTfm in Pretoria betrokke was, destyds vertel. 

Die gesin verken omtrent hul nuwe tuisstad. "Inwonende toeriste doen ook die gewone toeriste-dinge," het Lindie laat hoor by kiekies van hulle by 'n inkopiesentrum in Kaapstad. 

Skryf in vir ons My Graadeentjie-kompetisie

Is jou kind vanjaar in Gr. 1? Indien wel, kan jy in aanmerking kom vir kontantpryse ter waarde van R12 500 asook verskeie geskenkpakke. 

  • Die eerste prys is ’n R6 000 kontantbewys geborg deur Freedom Stationery.
  • Tweede prys: R4 000 kontantbewys geborg deur Freedom Stationery.
  • Derde prys: R2 500 kontantbewys geborg deur Freedom Stationery.
  • Vir die oulikste glimlag is daar 10 Pritt-geskenkpakke beskikbaar ter waarde van R1 000.
  • En vir die beste houding kan jou kind een van 10 pare Toughees-skoolskoene ter waarde van R239.95 – R269.95 wen. 

Besoek die My Graadeentjie-webtuiste om in te skryf en vir die volledige bepalings en voorwaardes

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.