SEAN RAAK BETROKKE 

Sean Penn en sy meisie, Leila George. Foto: BGUS
Sean Penn en sy meisie, Leila George. Foto: BGUS

Die akteur Sean Penn en sy geliefdes doen hul deel in die stryd om  die coronaviruspandemie te stuit.

Die 59-jarige se organisasie Core (Community Organized Relief Effort) bestuur nou van die deurry- toetsgeriewe in Los Angeles.

Sy meisie, Leila George, en sy kinders, Dylan (28) en Hopper (26), is onder die vrywilligers.

DIE ‘BREAKING BAD’-AKTEURS DOEN GOED

Bryan Cranston en Aaron Paul. Foto: Getty Images/G
Bryan Cranston en Aaron Paul. Foto: Getty Images/Gallo Images

Bryan Cranston (64) en Aaron Paul (40) het beloof om kroegwerkers wat weens die coronavirusuitbreking werkloos is te ondersteun.

Dos Hombres, die tequila-handelsmerk wat Bryan Cra
Dos Hombres, die tequila-handelsmerk wat Bryan Cranston en Aaron Paul bedryf. Foto: Dos Hombres

Die Breaking Bad-medesterre het in 2019 hul eie drankhandelsmerk bekendgestel en hulle voorgeneem om 30% van die opbrengs tot 1 Mei vanjaar aan die  Amerikaanse kroegwerkersgilde te skenk. 

MEDIESE DRAMAS DOEN HUL DEEL  

Die fiktiewe hospitale in mediese televisiedramas help nou ook regte  lewens red.

Verskeie Amerikaanse mediese televisiereekse skenk rekwisietvoorraad aan regte hospitale en gesondheidsorganisasies om in die stryd teen die COVID­-19­-pandemie te help. 

Mediese televisiedramas soos Grey's Anatomy skenk
Mediese televisiedramas soos Grey's Anatomy skenk hul rekwisiet-voorraad. Foto: ABC Television

Grey’s Anatomy, The Good Doctor, Station 19, New Amsterdam, The Resident en die Chicago­-programme (Chicago Med, Chicago Fire en Chicago P.D.) is van die televisiereekse wat hul oormaat gesigmaskers en ander noodsaaklike beskermende drag skenk.

Vir die honger mae . . .

Kevin Hart (40)

Kevin Hart. Foto: Getty Images/Gallo Images
Kevin Hart. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die Central Intelligence-­akteur se noodlenigingspogings fokus op sy tuisstad, Philadelphia.

Hy skenk deur die kosafleweringsdiens Hungry@Home maaltye aan bejaardes en diegene wat deur die krisis geraak word.  

Miley Cyrus (27) en Cody Simpson (23)

Miley Cyrus en Cody Simpson. Foto: Instagram
Miley Cyrus en Cody Simpson. Foto: Instagram

Dié twee musikante het gesondheidswerkers in Los Angeles vroeër vandeesmaand verras deur 120 gratis taco-­etes by ’n plaaslike hospitaal af te lewer as  bedanking vir hul  onvermoeide werk.   

Ciara (34) en Russell Wilson (31)

Ciara en Russell Wilson. Foto: Getty Images/Gallo
Ciara en Russell Wilson. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die “Thinkin Bout You”-sangeres en haar man, ’n voetbalspeler vir die Seattle Seahawks, skenk ’n miljoen maaltye aan die plaaslike gemeenskap deur Food Lifeline, ’n organisasie wat kosbanke van kos voorsien. 

Ari en Tay-Tay raak persoonlik

Pleks van skenkings aan welsynorganisasies maak, het die sangeresse Ariana Grande en Taylor Swift deur die sosiale media gesif en persoonlik na hul sukkelende aanhangers  uitgereik.

Taylor (30) het ’n paar aanhangers wat weens die coronavirus deur uitdagings in die gesig gestaar word, verras en $3 000 (R55 000) aan hulle oorbetaal.

Taylor Swift. Foto: Getty Images/Gallo Images
Taylor Swift. Foto: Getty Images/Gallo Images

“Ek beleef ’n absolute ineen storting,” twiet een van die gelukkige aanhangers langs ’n skermgreep met die woorde: “Jy het pas $3 000.00 van Taylor Nation, LLC, ontvang.”

Ariana (26) het ewe vrygewige skenkings gedoen aan aanhangers wat gesê het hulle kan nie te midde van die pandemie kop bo water hou nie. 

Ariana Grande. Foto: Getty Images/Gallo Images
Ariana Grande. Foto: Getty Images/Gallo Images

DIE MILJOENKLUB 

Vir elke “covidioot”  wat in die  sosiale  media mond uitspoel, is daar  ’n “covidoring“ wat die hand  diep in hul sak steek. 

JAY-Z (50) EN RIHANNA (32) 

Jay-Z en Rihanna. Foto: Getty Images/Gallo Images
Jay-Z en Rihanna. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die sterre het ’n gesamentlike skenking  van $2 miljoen (R38 miljoen) gedoen om  ongedokumenteerde werkers,    gevangenes, haweloses en bejaardes  te ondersteun.

ELTON JOHN (73)

Elton John. Foto: Getty Image/Gallo Images
Elton John. Foto: Getty Image/Gallo Images

Die musiek-ikoon het  onlangs ’n noodfonds geskep   om mense wat met MIV  saamleef teen COVID-19 te  beskerm. 

ANGELINA JOLIE (44) 

Angelina Jolie. Foto: Getty Images/Gallo Images
Angelina Jolie. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die Maleficent-ster  beloof ’n skenking aan  No Kid Hungry, ’n liefdadigheidsorganisasie wat  arm kinders kos gee.   

BLAKE LIVELY (32) EN  RYAN REYNOLDS (43) 

Blake Lively en Ryan Reynolds. Foto: Getty Images/
Blake Lively en Ryan Reynolds. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die superster-egpaar  het geld aan kosbanke  beloof om te help met hul  coronavirus-noodlenigings.

KYLIE JENNER (22) 

Kylie Jenner. Foto: Getty Images/Gallo Images
Kylie Jenner. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die werklikheidster het geld  vir maskers, gesigskerms en   ander beskermende drag aan   hospitale in haar geboorte-  stad, Los Angeles, geskenk. 

ROGER FEDERER (38) 

Roger Federer. Foto: Getty Images/Gallo Images
Roger Federer. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die tennislegende en sy  vrou, Mirka, het geld  geskenk aan mense wat  in Roger se geboorte-  land, Switserland, deur  die virus geraak word.