Je-ani Swiegelaar

Die Binnelanders-aktrise Je-ani Swiegelaar se papegaai en katkind hou haar besig.  

View this post on Instagram

Wie le waar is elke aand se gestoei #annakatvandermerwe #katryn #jumangi

A post shared by Je-ani Swiegelaar (@jeaniswiegelaar) on

“Wie lê waar is elke aand se gestoei,” skryf sy by ’n foto van haar viervoetige huisgenote in die bed. 

Die aktrise, wat die verpleegster Naomi in die hospitaaldramareeks Binnelanders vertolk, het ook ’n video gedeel van hoe haar katkind “help” legkaart bou. 

“As lockdown verleng is met 2 weke, is puzzle bou jou voorland . . . en natuurlik wil almal help,” het Je-ani laat hoor. 

Cintaine Schutte

Die Fynskrif-aktrise Cintaine Schutte spog ook net so lekker met haar kat, Lily, in die sosiale media.

View this post on Instagram

ek bly net hier ??

A post shared by Cintaine Schutte (@cintaineschutte) on

“Ek bly net hier,” het Cintaine onlangs op Instagram geskryf by ’n foto van ’n slapende Lily. 

Cintaine en haar man, die Hartstog-akteur Carel Nel, woon in Kaapstad. 

“Vyf maande my vabond. Oeg @carel_nel hoe ek jou lief het! Oeg!,” het Cintaine onlangs op Instagram geskryf by ’n foto van haar en Carel op hul troudag in 2019.

Demi-Leigh en Tim Tebow 

Die voormalige Mej. Heelal Demi-Leigh Tebow en haar man, die Amerikaanse voetbalster Tim Tebow, het net voor inperking hul dierekinders, Paris, Kobe en Chunk, in die sosiale media bekend gestel.

View this post on Instagram

The Tebows ?? @thetebowpack

A post shared by Demi-Leigh Tebow (@demileighnp) on

Demi het onlangs weer ’n foto van Kobe op Instagram gedeel. 

“Kort iemand ’n glimlag? Dis ’n plesier,” skryf Demi-Leigh by die foto.

Die viervoetige sibbe het selfs hul eie Instagram-profiel, @thetebowpack. Die drie het ook al Tim se ouers, Robert en Pamela Tebow, ontmoet.


Trix Vivier

Die Trackers- en Waterfront-aktrise Trix Vivier se hond, Impi, sluit sommer by sy eienaar aan vir haar joga-sessies. 

“Impi volg ’n oopdeur-beleid in hierdie huis, so toe @naomi.marshak die 17:30- virtuele vinyasa-klas vir @theshalayoga aangebied het, het sy besluit om sommer heeltemal die dog in downward-facing-dog te sit,” skryf Trix by ’n foto van haar en Impi op ’n jogamat.

Pat Symcox 

Die oud-krieketspeler Pat Symcox bederf gereeld sy volgelinge in die sosiale media met foto's van sy getroue hond Gunston. 

“Deesdae moet ek my stoel oppas. Gunston het so geheg aan ons geword in hierdie tyd,” skryf die voormalige Proteas-draaibouler by ’n foto van Gunston op sy geliefde stoel. 

Hy het ook 'n video gedeel waar Gunston op die vloer voor 'n bed slaap. Daarby skryf hy: "Gunston se jogasessie voor hy slaap vanaand. So 'n wonderlike karakter. Seën hom."

"Ek is oor die jare geseën met baie honde in my lewe," skryf Pat by 'n onlangse kiekie wat hy van Gunston op Instagram gedeel het.

"Ons Gunston is die intelligentste en mooiste hondekind wat ek al ooit die voorreg gehad het om my vriend te noem. Hy is eenvoudig net wonderlik. Hy is in die bos gekry en van die randjie van uithongering teruggebring. Hy is 'n ligtende voorbeeld van nederigheid, lojaliteit en genade."

Leah

Die sangeres Leah verskaf gereeld vermaak aan haar sosialemediavolgelinge met haar video’s op die sosialemedia-app TikTok, maar sy deel ook net so graag foto's van haar en haar man, Hennie van Niekerk, se Jack Russells, Muggie en Lila. 

View this post on Instagram

My Paas-?? Geseënde Dag almal! ??

A post shared by L E A H (@leahmusieksa) on

“My Paashaas. Geseënde dag almal!” het sy oor Paasnaweek laat hoor by ’n foto van haar en een van haar hondekinders. 

Leah het ook ’n foto van manlief Hennie saam met hul hondekind gedeel. “Lekkerste in dad se arms,” skryf sy daarby. 

View this post on Instagram

Lekkerste in dad se arms ??????

A post shared by L E A H (@leahmusieksa) on


Willem Botha

Die sanger en fotograaf Willem Botha het vroeër vanjaar geskerts dat hy sommer sy hondjie, Seven, saam met sy bagasie wil inpak toe hy saam met die sangeres Leah op toer was. 

Nou kuier Willem en Seven lekker saam tydens inperking. 

"Nee . . . Ek het nie dieselfde klere as gister aan nie. Seven vind duidelik Rummikub vreeslik opwindend,” skryf Willem by foto's van hom en Seven wat die bordspeletjie Rummikub speel. 

Van wat ons van sosiale media aflei, is Willem en sy hondekind Seven by sy ouerhuis in Riversdal in die Wes-Kaap. 

Willem het ook hierdie grappige foto gedeel van hoe hy en Seven ’n toneel uit die animasiefliek Lion King naboots.

“Mufasa: Kyk Seven, als wat die lig aan raak is ons koninkryk. Seven: Sjoe!” skryf Willem by ’n foto van hom wat Seven omhoog hou. 

Marc Buckner

Op die kassie is die laaste ses vroue-deelnemers van die tweede seisoen van die werklikheidsreeks The Bachelor SA tans besig om vir sy hart te wedywer, maar in die ware lewe is die Bachelor Marc Buckner sielsgelukkig met sy inperkingsgenoot, sy geliefde hondekind Luna.

“Tag jou kwarantynmaat. Raai wie is myne!” skryf die sakeman en model by ’n ou foto van hom en sy geliefde reddingshond, Luna. 

Marc, wat in Kaapstad woon, het vroeër vanjaar aan Huisgenoot vertel dat hy slegs ingestem het om aan The Bachelor deel te neem as Luna kon saamgaan Johannesburg toe, waar die reeks vir ses weke verfilm is. 

“Ek gaan nêrens sonder haar nie,” het hy verklaar. 

Luna spog ook met haar eie Instagram-profiel, @lunaluludog. 


“O, dis waar jy die lekkernye bêre! Ek sal na jou staar totdat jy my voer. Kyk in my oë. Voer vir my lekkernye,” laat Luna kamma ewe hoor by een foto op haar Instagram-profiel.