Lee-Ann Liebenberg

Die glanspersoonlikheid en sakesvrou Lee-Ann Liebenberg se jongste dogter, Gabriella, het haar sesde verjaardag gevier, en die trotse ma het foto's op haar Instagram gedeel.

“Gelukkige sesde verjaardag my Bella Boo! Ons is lief vir jou. Mag jou groot gees aanhou vir ons almal soveel geluk bring," het Lee-Ann geskryf by kiekies van die verjaardagmeisie toe sy jonger was. 

Lee-Ann en haar man, die sakeman Nicky van der Walt, het ook 'n ouer dogter, Gia (9). 

Nicky het ook sy dogter op Instagram gelukgewens.

Lee-Ann het ook oor Paasnaweek foto's van haar dogters op sosiale media gedeel. 

Victor Matfield

Die voormalige Springbokslot se middelkind, Giselle, het haar 11de verjaardag gevier. Victor en sy vrou, Monja, het foto's op sosiale media gedeel van Giselle en haar sussies, Jamie (13) en Tassie (5). 

“Baie geluk met jou 11ste verjaarsdag my suster liefde . . . Ek is so geseënd met drie wonderlike dogters en elke een is so verskillend. 'n Pa kan nie vir 'n meer liefdevolle dogter vra as wat jy is nie my liefste Gisellie!” skryf Victor by 'n reeks foto’s van Giselle en haar gesin by 'n verjaardagkoek. 

Victor het ook vroeër vandeesmaand ’n video gedeel van Giselle waar sy spog met ’n vlegsel soos dié van die vroue in die televisiereeks Vikings.

View this post on Instagram

Prinses Lagetha. Ons eie viking. #mammabederf #matfieldlockdown

A post shared by Victor (@victormatfield) on

“Prinses Lagetha. Ons eie Viking. #mammabederf #matfieldlockdown,” skryf hy by die video. 

Die Matfield-sussies het ook hul eie manier gevind om uit te kamp in hul agterplaas. 

View this post on Instagram

Daar word uitgekamp op trampolien vanaand!!

A post shared by Victor (@victormatfield) on

Sorina Erasmus

Die aktrise en sangeres Sorina Erasmus, wat beter bekend is as die Flooze, se eersteling, Braam, het ook sy sesde verjaardag gevier. 

Sorina het op sosiale media ’n foto van klein Braam saam met haar man, Braam Riekert, gedeel. 

“#Braambossie seuntjie-lief ses jaar oud vandag. Jou asem is my asem en jou liefde is my lewe se voedingslyn. Word groot, bly klein en laat jou liggie net altyd skyn,” skryf Sorina by die foto. 

Sorina en Braam is ook die ouers van klein Miana (4). 

Sorina het vroeër vanjaar foto's gedeel van Miana en Braam wat saam met hul pa in die kombuis doenig is. 

“Handjies klap en koekies bak met chef Riekert alias liefste manlief alias Pappa Braambos. Na dié bak en brou was ons kombuis wel effens vuil, maar my hart propvol,” het Sorina geskryf by foto's van haar man en kinders.

Braam het vroeër vanjaar met gr. R begin, en Sorina het ook die geleentheid op Instagram gevier. 

“My hart bars van trots. My hart breek van hartseer. My hart is vol deurmekaar emosie. My hart is dankbaar. My hart is vandag broos. Want die seuntjie van my hart is vandag graad R toe,' het sy geskryf by 'n kiekie van haar seuntjie.

"Liewe hart, hoe gaan jy dit hou? Liefste God, dra asb die punt van my hart in U hande, want U hande dra die beste. Unieke energieke #Braambossie. Dromer. Explorer. Word groot, bly klein, en laat jou liggie net áltyd helder skyn. My bloedrooi Mamma hart is só ontelbaar onmenslik onbeskryflik onvergelykbaar lief vir jou,” het Sorina geskryf by ’n foto van Braam in sy skooldrag. 

Gerhard Steyn

Die sanger Gerhard Steyn en sy vrou, Zelri, se oudste dogtertjie, Zardi, het haar vierde verjaardag gevier. Gerhard het foto's van hul gesin gedeel. 

“Partytjie vibes al van gisteraand laat af hier by Steynhuis vir Zardi se 4de verjaarsdag,” skryf Gerhard by foto's wat wys hoe hul huis versier is.

Hy het ook later 'n foto van hy en Zardi saam met Zelri en haar sewe maande oue kleinsus, Zaniq, gedeel. 

“Sy verjaar te lekker en wanneer Zardi stil sit neem ons ’n foto . . . want Zardi kind is besag. Sy sit nooit stil nie,” skryf Gerhard by die foto van hom en sy gesin. 

Gerhard het ook aan die begin van die inperkingstydperk ’n video gedeel van Zardi wat haar boksvaardighede wys.

“Lag ons nou lekker. Begin van dag 2 van 21 days lockdown. Zardi het ’n dodelike regter en ’n gevaarlike skopvoet. Sterkte vir julle almal vandag,” laat die "Baby Tjoklits"-sanger hoor.

Maar dis ook nie net hier plaaslik wat die bekendes nog steeds hul kleingoed bederf op hul verjaardae nie. Hollywood-sterre is net so bedrywig met verjaardag-vieringe. 


Khloé Kardashian

Die werklikheidstelevisiester Khloé Kardashian se skattige dogtertjie, True Thompson, het haar tweede verjaardag op Paassondag gevier. 

Khloé het op Instagram behoorlik gekoer oor haar poplap. 


“Gelukkige verjaardag my liewe Tutu. Jy is al my onvergeetlike herinneringe van die afgelope paar jaar, die kosbare betowerende oomblikke van die hede en die belofte van 'n gelukkige toekoms. Jy is letterlik my hele wêreld! Ek kan nie glo jy is twee nie. Jy voltooi my lewe en ek kan nie wag vir vir ewig saam met jou nie. Tot in ewigheid, ek is lief vir jou my soet meisie. PS. Hierdie nuwe gesig wat sy trek maak my so gelukkig,” het Khloé laat hoor by foto's van True omring deur ballonne.

Volgens die tydskrif Elle, het True 'n klomp geskenke ontvang. Hieronder was 'n roomyswinkel-speelhuis van haar beroemde tannie Kim Kardashian, hope speelgoedkarre en ook karakters uit die animasiefliek Trolls.

View this post on Instagram

????

A post shared by Khloe Snapchat (@khloesnapchats) on

Blykbaar was die Trolls-geskenke spesiaal van Poppy, een van die hoofkarakters in die fliek. Poppy se stem word deur die aktrise Anna Kendrick verskaf. 

True se verjaardagkoek het ook die Trolls-tema gevolg. 

View this post on Instagram

Happy birthday

A post shared by Khloe Snapchat (@khloesnapchats) on

True se pa, die basketbalspeler Tristan Thompson, het ook die dag saam met Khloé en True spandeer. Die voormalige paartjie is kort na True se geboorte in 2018 uitmekaar nadat dit op die lappe gekom het dat die Cleveland Cavaliers-speler se oog gedwaal het. 

John Legend en Chrissy Teigen

Die sanger John Legend en sy vrou, die model en TV-persoonlikheid Chrissy Teigen, se dogter, Luna Simone, het haar vierde verjaardag gevier en die bekkige kleinding het haar verjaardag ingegaan met ontbyt in die bed. 

“Dankie drie, jy was goed vir my,” laat sy ewe hoor in ’n video wat ma Chrissy op haar Instagram Stories gedeel het. 

“Gelukkige verjaardag aan die koningin van ons huishouding. Ek kon nie vir 'n beter klein mensie gebid het nie,” skryf Chrissy by ’n foto van Luna in swemklere en ’n kroon. 

Die paartjie het ook 'n seuntjie, Miles, wat in 2018 gebore is.

Ekstra bronne: Mirror UK , ELLE, E!NEWS