In die kykNET-regsdrama Fynskrif het hul verhouding op die rotse beland, maar in die regte lewe het Carel Nel en Cintaine Schutte op Leeukop in Kaapstad verloof geraak.

Carel Nel en Cintaine Schutte. Foto: Verskaf.

Die aktrise Kim Cloete spog met ’n verloofring nadat die akteur en stemkunstenaar Murray Todd haar om haar hand gevra het. Theodore Jantjies, bekend vir sy rol as Xander in 7de Laan, en sy prokureursmeisie, Tammy van der Merwe, het ná 14 jaar as ’n paartjie by die Hayward Lodge in die Dinokeng-natuurreservaat verloof geraak.

Dozi het nie die ouderdomsverskil van 27 jaar tussen hom en die eiendomsagent Kim Viljoen in hul pad laat staan nie. Hy het haar voor die kaggelvuur in sy huis naby Hartbeespoort om haar hand gevra.

Dozi en sy verloofde, Kim Viljoen. Foto: Verskaf.
Kim se ring. Foto: Verskaf.

Ander bekendes wat verloof geraak het, sluit in die Boer Soek ’n Vrou-deelnemers Adriaan Geldenhuys en Helene Retief; die rugbybreker Juan de Jongh en Simone Lourens; die aktrise Simoné Nortmann en haar “beste vriend”, Andries Pretorius; die voormalige Proteakaptein Graeme Smith en Romy Lanfranchi; David Rees en die donkerkop-rekenmeester Lina Pentz; asook die oud-Proteaspeler Jacques Kallis en Charlene Engels.

Adriaan Geldenhuys en Helene Retief. Foto: Facebook.
View this post on Instagram

JAAAAAAAAAAAAAAAAAA. ????

A post shared by s i m o n é n o r t m a n n (@simonenortmann) on

View this post on Instagram

About last night ????

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

David Rees en Lina Pentz. Foto: Sharon Seretlo.