Al verken hulle die energieke stad saam, is hulle nog nie gereed om oor die aard van hul vriendskap te gesels nie, het Mila laat weet.

Brooklyn Bridge ?? #explore #americandream #travel #newyork

A post shared by mila guy (@milaguy) on

Waaroor sy wel nie omgee om te gesels nie, is wat ’n onvergeetlike ervaring hulle beleef het.

“New York was nog altyd die grootste droom vir miljoene mense. Dis die plek waar jy dink enigiets kan gebeur,” het sy by ’n foto in die sosiale media geskryf.

Times Square ?? #surreal #explore #americandream

A post shared by mila guy (@milaguy) on

Die talentvolle akteurs, wat onderskeidelik Thomas en Melanie in die kykNET-komedie Hotel gespeel het, is albei van 27 April af in die rolprent Wonderlus te sien.

In die Groot Appel het hulle verskeie bakens op hul wenslysie afgemerk deur onder meer die immergewilde Central Park, Times Square en Brooklyn-brug te besoek.