Prins Harry (35) en sy vrou, Meghan (38), leef in weelde sedert hulle in April in die Hollywood-ster Tyler Perry se huis in Beverly Hills, Kalifornië, ingetrek het.

Harry en Meghan woon in Tyler Perry se luukse huis
Harry en Meghan woon in Tyler Perry se luukse huis in Beverly Hills. Foto: Magazine Features

Dis nie duidelik of die hertog en hertogin van Sussex, wat onlangs stil-stil hul tweede huweliksherdenking saam met klein Archie (1) gevier het, die huis van R324 miljoen huur of as Tyler se gaste daar woon nie.

Luidens berigte het hulle hul oog op die glansryke Malibu of Pacific Palisades as ’n permanente tuiste vir hul gesin. 

Die mediamagnaat sonder hom elders af.

Oor die jare het Tyler (50), wat bekend is vir onder meer sy Madea-flieks, verskeie kiekies van sy huis met aanhangers in die sosiale media gedeel. Die villa in ’n Toskaanse styl spog met agt slaapkamers en 12 badkamers en strek oor 9 hektaar in die eksklusiewe Beverly Ridge Estates-buurt, berig Daily Mail.

Harry en Meghan, wat roem verwerf het as die prokureur Rachel Zane in die regsdramareeks Suits, bly glo in Tyler se huis sedert hulle van Kanada af na Meghan se geboorteland, Amerika, verhuis het ná hul uittrede in Maart as senior koninklikes.

Tyler se ou Instagram-kiekies gee nou Meghan en Harry se aanhangers 'n kykie in die glanspaar se tydelike tuiste waar hulle en hul seuntjie, Archie, deesdae hul dae deurbring.

View this post on Instagram

"Duck! Rabbit!" with Meghan, The Duchess of Sussex (and Harry, The Duke of Sussex behind the camera), read to their son Archie for his 1st birthday. Happy Birthday, Archie! . Thank you #DuchessMeghan for helping us to raise urgent funds for our coronavirus appeal by reading "Duck! Rabbit" by @akrfoundation, illustrated by @tlichtenheld (published by @chroniclekidsbooks). . As the world grapples with the coronavirus pandemic, children’s lives are being turned upside down. By donating to Save with Stories, you can support the most vulnerable families in the UK and around the world by helping to provide early learning packs, supermarket vouchers, essential household items and virus protection. . Please donate today by visiting our website. Link in bio. . Or you can text STORIES to 70008 to give a one-off donation of £5. . Together, we can help families get through this. . You can only donate via text from a UK mobile. You’ll be billed £5 plus standard rate text message. We receive 100% of your donation. By texting STORIES you agree to calls about fundraising appeals, campaigns, events and other ways to support. Include NO PHONE to opt out of calls. Queries? 02070126400. Read our Privacy Policy savethechildren.org.uk/privacy The Save the Children Fund is a charity registered in England and Wales (213890) and Scotland (SC039570) . #SaveWithStoriesUK #SaveWithStories #GrowingThroughThis

A post shared by Save The Children UK (@savechildrenuk) on

Die eetkamer

Tyler het in 2012 'n foto van sy Kersfeesversierings in sy eetkamer gedeel. Die vertrek is sjiek met kandelare en marmer mure.

Die voorhuis

Tyler het geen tekort aan beroemde vriende nie. Hy het glo immers Harry en Meghan ontmoet deur hul gemeenskaplike vriendin, die kletskoningin Oprah Winfrey. 

Die Grammy-bekroonde sanger Stevie Wonder het in 2014 op Tyler se 45ste verjaardag agter die akteur en rolprentmaker se klavier geskuif om die verjaardagman en sy gaste te vermaak. "Ek moes myself knyp," het Tyler geskryf by 'n foto van dié makietie.

Die studeerkamer

Daar word berig dat Harry se ouma koningin Elizabeth met die egpaar en hul seun, Archie, oor Zoom gesels. Ons wonder of die Zoom-gesprekke in hierdie studeerkamer plaasvind? Dit spog tot met 'n kaggel.

Die kombuis

"Only believe," het gestaan op ’n swartbord in die kombuis op 'n foto wat Tyler in 2013 op Instagram gedeel het. "Omring jouself met dinge wat jou herinner om nooit op te gee nie," het Tyler by die foto geskryf.

Meghan woel en werskaf duidelik self in die kombuis. Sy het self vir Archie 'n koek gebak toe hy op 6 Mei sy eerste verjaardag vier, berig die tydskrif People. "En Harry het met die versierings gehelp en ballonne opgeblaas. Hulle het ge-Zoom met peetouers, vriende en familie en 'n eenvoudige, vreugdevolle dag geniet," vertel 'n bron aan die tydskrif.

Die badkamer

Een van die 12 badkamers spog met 'n groot, versonke bad en mure van marmer. 

Asemrowende uitsigte

Die spoghuis het ook prentjiemooi uitsigte. Harry en Meghan het glo heinings van 3 m hoog opgerig sodat paparazzi hulle nie kan afloer nie, berig Marie Claire.

Die babakamer

Is dit waar klein Archie sy dae deurbring? Tyler het in 2015 'n foto van sy seun, Aman, se babakamer gedeel. 

Klein Archie is glo "beste vriende" met die gesin se twee hondekinders, berig People. "Hulle laat hom lag en is baie sag met hom," vertel 'n bron.

Harry en Meghan het op 19 Mei kort ná Archie se eerste verjaardag hul tweede huweliksherdenking gevier. Volgens Harper's Bazaar het hulle dit met margaritas en hul gunsteling- Mexikaanse geregte gevier en ook met hul familie en vriende oor Zoom gesels.

Bronne: Marie Claire, Daily Mail, Town and Country, Vanity Fair