Die Binnelanders-akteurs en beste vriende Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar was onlangs in Namibië om hul verhoogproduksie Keelvol op te voer. Die toneelstuk gaan oor ’n sangonderwyser, Dirk Havenga (Germandt), en ’n jong meisie, Mariëtte Labuschagne (Je-ani), wat droom van die verhoog.

Sy kry haar eerste sangles by die nuwe onderwyser. “Namibië is ’n beeldskone land met tuimelende heuwels en sandduine, maar die lekkerste van dié land is beslis sy mense,” sê Germandt.

Germandt lyk ’n bietjie versigtig vir die krokodil in sy hande.
Je-ani maak kennis met Namibië se jagluiperds.
Je-ani en Germandt het die sanger Willem Botha op die lughawe raakgeloop.

Dit weet Je-ani maar te goed, want sy kom van Tsumeb, in die noorde van die land.

“Met ons opvoering in Windhoek het ons op die verhoog ’n kostuumprobleempie opgedoen. Ek het ’n bietjie meer van my karakter ontbloot as wat ek sou wou.

Die gehoor was histeries. En toe besluit ons: ‘What happens in Windhoek, stays in Windhoek,’ ” vertel Germandt.