Die 26-jarige aktrise, wat die rol van Chanel Samuels in die kykNET-sepie vertolk, het die nuus gisteraand in die sosiale media gedeel. Sy het ook ’n video van die groot oomblik gedeel, wat nes 'n storielyn uit 'n sepie op die stel van Binnelanders by Stark Studios in Johannesburg afgespeel het.

Lindsey se kêrel van die afgelope jaar, Bonga Cele (36), het op dieselfde dag dat hulle een jaar saam as paartjie gevier het, die groot vraag met ’n skitterende diamantring gevra. 

“Hy het my verras; dit was pragtig. Ek is geliefd. Dankie vir al die gelukwensings. En dankie aan God vir ’n man wat lief is vir my, vir my bid en my koester. ’n Duisend keer ja,” skryf Lindsey op Instagram. 

View this post on Instagram

He surprised me, it was beautiful. I am loved ?? thank you for all the congratulations. And thank you God for a man who loves me, prays for me and cherishes me. A thousand times YES!

A post shared by Lindsey Abrahams (@lindsey_lady_rose) on

“Ek kan eindelik sê hy is my verloofde,” laat hoor sy opgewonde in ’n stemboodskap aan Huisgenoot

Lindsey vertel al het sy en Bonga voorheen gepraat oor trou, het sy glad nie verwag dit sou Woensdag gebeur nie. 

“Ek was in die middel van ’n toneel saam met Hannelie (Warren, wat die rol van Ilse vertolk) en Ben (Kruger, Okkie Ferreira in die sepie). Toe het hulle skielik net ophou praat, maar niemand het cut geskree nie. En die volgende oomblik toe sien ek net hierdie klomp mense om my. Ek het gedink iemand is besig om my ’n poets te bak, maar toe ek omkyk, toe sien ek hierdie beautiful man. Daai oomblik het ek geweet oh snap, it’s about to go down,” vertel sy opgewonde. 

Lindsey en Bonga, ’n produk-ingenieur wat apps en webtuistes ontwerp, het mekaar verlede jaar deur ’n afspraak-app leer ken. Hul eerste ontmoeting was by die kerk, en dit het haar baie gelukkig gemaak dat hy ’n gelowige man is. 

Bonga het presies een jaar nadat hulle amptelik be
Bonga het presies een jaar nadat hulle amptelik begin uitgaan het, die groot vraag gevra. Foto: Verskaf

“Ons is albei creatives op verskillende vlakke en dis baie lekker. Ek is baie lief vir hom.”

Sy vertel dat sy altyd vir haar pa gesê het dat sy eendag met iemand soos hy gaan trou, en nou het sy daardie persoon in Bonga gevind.

“My pa het altyd gesê ek gaan nie iemand soos hy kry nie, want hy moes baie groei om die mens te word wat hy is. So toe sê ek maar dan sal ek maar net vir my ’n volwasse man kry,” sê sy oor die ouderdomsverskil van 10 jaar tussen haar en haar aanstaande. 

“Hy was van die begin af ernstig. Inteendeel, hy het vir my gesê hy gaan my sy vrou maak. Ek was nie so seker nie, ek het 'n bietjie commitment issues gehad. Maar dit het glad nie lank geneem vir my om te besef dis die man met wie ek my lewe wil deel nie.”

Oor die nuwe ring wat nou aan haar linkerhand pryk vertel sy dat sy aanvanklik gekant was teen die idee van ’n diamantring. 

Sy wys opgewonde die skitterende ring aan haar vin
Sy wys opgewonde die skitterende ring aan haar vinger. Foto: Verskaf

“Ek is meer van ’n vintage-soort meisie, so ek het meer van kreatiewe stene soos opaal gehou. Ek het eendag vir Bonga gesê al sit hy ook ’n plastiekband aan my vinger, ek wil net met hom trou. 

"Toe sê hy vir my hy wil iets van gehalte koop, want hy glo as jy vir jou geliefde iets van minder waarde koop, sê dit iets van jul verhouding en hoeveel waarde die mens vir jou het. Maar as jy iets met baie waarde koop, wys dit hoe baie waarde jy op die mens en jul huwelik plaas. So dit was vir hom belangrik om iets van waarde te koop.”

Hulle het nog nie kans gehad om die goeie nuus ten volle te vier nie weens die inperking, maar hulle kon darem die aand saam met Lindsey se beste vriendin van die afgelope 11 jaar, Deidre Oosthuizen, deurbring. 

Die gedagte aan 'n troue beplan laat haar ietwat stres, vertel Lindsey laggend. 

“Ek en Bonga het albei baie groot families. Ek en my tannies en ooms is baie geheg aan mekaar. So met die coronavirus is dit stresvol om 'n troue te beplan, want as ons ’n gastelys moet opstel, sal daar verskriklik baie mense genooi moet word," laat sy hoor.

“Ek het van kleins af gedroom van ’n troue met baie mense, maar ek sal dit nou alles moet prysgee. Maar, meer as enigiets, wil ek net met Bonga trou.”