Die Spieëltjie-sanger en Annatjie, sy vrou van die afgelope agt jaar, het foto’s van hul wegbreek op sosiale media gedeel.

Wanneer die paartjie reis, sien Bobby se ma en agent, Ronel Brink, dikwels na hul kleingoed, Sion (7), Leben (5) en Armani (3), om.

Maar dié keer kuier Ronel saam met haar seun en skoondogter in die kleurvolle stad. 

Hulle het onder meer Istanbul se Topkapipaleis besoek, wat van die 15de tot 19de eeu Ottomaanse heersers gehuisves het.

View this post on Instagram

Room with a view #Istanbul

A post shared by Ronel Brink (@ronelbrink1) on

Hulle het ook ’n draai gaan maak by die Blou Moskee en die Groot Basaar – een van die wêreld se grootste onderdakmarkte. 

Daar is meer as 2000 winkels in die Groot Basaar waar jy onder meerk Persiese tapyte, glaslampskerms, keramiekware, leerprodukte en lekkers kan koop. 

Hier is nog plekke wat jy in dié interessante stad kan besoek.

Hagia Sophia-kerk, ook bekend as die Aya Sophia:

Dit het duisende jare lank as die grootste kerk in die wêreld oor die hedendaagse Istanbul uitgetroon. 

Galata-toring

Die toring gee jou ’n uitsig van 360 grade oor Istanboel.

Bosporusseestraat

Istanbul is deels Europa en deels Asië. Die Bosporusseestraat dui hierdie skeiding aan.