Die voormalige The Voice-beoordelaar en sy vrou, Annatjie, reis gereeld die wêreld vol. Vroeër vanjaar het hulle Turkye verken. 

Hulle het onder meer in Istanboel die Topkapipaleis besoek, wat van die 15de tot 19de eeu Ottomaanse heersers gehuisves het. En Bobby het later in die sosiale media laat hoor hy het sy hart op die prentjiemooi Griekeland verloor. 

View this post on Instagram

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Die glanspaartjie, wat al agt jaar getroud is, het dié keer besluit om in Mosambiek vakansie te hou en hul kleingoed, Sion (7), Leben (6) en Armani (3), het saam met ma en pa by die see kerjakker. 

View this post on Instagram

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Die afgelope twee weke het die gesin geswem, skulpies opgetel, perdgery en piekniek op die strand gehou. 

Bobby en Annatjie het darem ook 'n kans gekry om skemerkelkies en die mooi sonsondergang te geniet. 

En as jy na die foto’s kyk wat die sanger met sy 239 000 Instagram-volgers gedeel het, lyk dit asof die gesin - wat deesdae in Ballito woon - hul vakansie vreeslik geniet het. 

“Ek gaan die paradys mis,” het die sanger later op Instagram geskryf.