Die foto’s is in Sodwanabaai, langs die Olifantkus van KwaZulu-Natal, geneem. Op een foto hou hy sy jongste spruit, Armani (2), in die lug op. Op ’n ander gee sy haar pa ’n soentjie.

“Dis lekker by die see,” skryf Bobby (31) by die foto’s. “My Armani-muis, eendag sal ons by die see bly. Vir jou . . . enigiets,” skryf die trotse pa.

Dis Lekker by die see ... My Armani muis eendag Sal ons by die see bly ? Vir jou.... enige iets . #sodwana #love #mygirl @naartjiekids #naartjiekids

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Bobby en sy vrou, Annatjie, het ook twee seuns, Sion (6) en Leben (5). Bobby deel gereeld foto’s van sy oulike kroos.

Hy het ook vroeër vanjaar ’n kosbare boodskap aan sy dogtertjie op haar tweede verjaardag gedeel.

“My Armani-muis is vandag 2! Woorde kan nie beskryf wat ek vir haar voel nie. God red ons elke dag deur jou oë. Ek is lief vir jou, my meisiekind. Met alles wat ek het en is en ooit sal wees,” het hy onderaan die foto geskryf.

Annatjie en Bobby het in Januarie vanjaar hul sewende huweliksherdenking gevier. “Sewe jaar getroud vandag. Deur soveel dinge saam. Hemel en Hel, maar ek kies jou weer en weer en weer.” 

“Lief vir jou, my Anna...” het hy aan sy vrou op hulle spesiale dag geskryf.

Wen tot R5 000 met Caltex
Het jy al vir ons Caltex-kompetisie ingeskryf? Dit kan die maklikste manier wees om geld vir die vakansie in die hande te kry! Staan ’n kans om elke week vir die volgende drie weke R5 000 te wen – of wen die groot prys van R10 000 in die laaste week van die kompetisie! Maak eenvoudig net seker jy gooi brandstof ter waarde van R300 of meer by Caltex in, hou jou strokie en skryf hier in. Die kompetisie is van 19 Maart tot 16 April 2018.