“Hy is daar saam met vriende op ’n groot boot van hulle gehuur het,” vertel Bobby se bestuurder-ma, Ronel Brink, aan Huisgenoot.

Op die foto’s dryf hy op ’n pienk opblaasflamink, iewers op ’n boot op die Rooisee in Egipte, is al wat hy verklap.

“Dit moes seker op die boot gewees het, want ’n pienk flamink is nou nie eintlik sy ding nie,” lag Ronel.

Bobby (31) is tot die naweek daar saam met vriende vir ’n blaaskans, vertel Ronel.

Van sy meer as 300 000 volgelinge op Facebook is bekommerd oor ’n blou kol onder sy linkerarm. “Wat het jy onder jou arm aangevang?” wil Eben Wessels weet. “Neem aan jy het met die flamink geveg.”

“Ek weet regtig nie waar die bloukol vandaangekom het nie. Dalk is dit ’n duikbesering,” sê Ronel.

Laas het hy en sy sexy vrou, Annatjie, op die Maledive gekuier.