Bobby van Jaarsveld en sy gesin het onlangs Ballito aan die KwaZulu-Natalse kus gegroet om vir sewe dae op die prentjiemooi eilande van die Maledive te gaan uitspan.

bobby van jaarsveld
Snorkeltyd! Foto: Instagram/@bobbyvanjaarsveld

Dis Bobby se derde besoek aan dié tropiese eilandparadys.

“Ek sal elke oggend van my lewe hier wil wakker word saam met my gesin. Dit voel asof ’n mens droom terwyl jy hier is,” vertel die sanger en akteur. “ ’n Mens voel geïsoleerd op ’n manier, maar dit voel of ’n mens vreesloos vry is hier.”

Bobby saam met sy kroos, Sion, Armani en Leben
Bobby saam met sy kroos, Sion, Armani en Leben. Foto: Instagram/@bobbyvanjaarsveld

Bobby, sy vrou, Annatjie, en hul drie kinders, Sion (9), Leben (8) en Armani (5), is lief vir reis, maar weens die pandemie moes hulle die afgelope ruk meestal met Jan Tuisbly se karretjie ry. Dis dié dat hulle die meeste gemaak het van hul eilandavontuur.

 Bobby sê hy is ongelooflik dankbaar vir die onv
Bobby sê hy is ongelooflik dankbaar vir die onvergeetlike oomblikke saam met sy gesin. Foto: Instagram/@bobbyvanjaarsveld

“Ek spandeer eerder geld op avonture en herinneringe as duur items. So dis baie spesiaal om dit weer eindelik saam te kan beleef,” sê Bobby. 

Bobby en sy seuns het hulle gate uit geniet op die
Bobby en sy seuns het hulle gate uit geniet op die eiland. Foto: Instagram/@bobbyvanjaarsveld

Dit was sy kroos se tweede keer in die Maledive, en hulle het vet pret gehad en onder meer gewaterski, swem, snorkel en visgevang.

“Hulle besef nie noodwendig watter groot voorreg dit is om die Maledive te kan sien nie, maar eendag sal hulle verstaan,” sê hy. 

Bobby, Annatjie en hul kinders het by die Diamond
Bobby, Annatjie en hul kinders het by die Diamonds Thudufushi-vakansieoord tuisgegaan. Foto: Instagram/@bobbyvanjaarsveld

En daai reuse-geelvintuna waarmee hy in die sosiale media poseer? Het hy hom self inkatrol?

“Ek wens dit was ek, maar ek kan nie daai eer vat nie. Dis die plaaslike vissermanne,” laat Bobby hoor.

Bobby poseer met ’n reuse-geelvintuna
Bobby poseer met ’n reuse-geelvintuna. Foto: Instagram/@bobbyvanjaarsveld

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe