“Honeymooners. Die Blomme is een meer,” het Ilne Sondag op Instagram geskryf. 

Sedertdien het die gelukwensings vir die pasgetroudes ingestroom. 

“Baie baie geluk julle mooiste mense,” het een van haar volgelinge laat hoor. “Geluk julle, mag julle lewenspad met liefde, genade en goedheid besaai wees,” het nog een laat hoor. 

View this post on Instagram

A post shared by @ilneblom

Ilne en Wianco is sedert Junie verlede jaar amptelik ’n paartjie nadat haar verhouding met boer Graham Lombard van Cradock in die Oos-Kaap verbrokkel het. Ilne het Graham op die 13de seisoen van die kykNET-maatsoekreeks Boer soek 'n vrou ontmoet. 

Ilne het in Julie verlede jaar aan Huisgenoot vertel hoe gelukkig sy en Wianco is. “Hy’s absoluut ongelooflik. Dis asof hy vir my gestuur is.”

Die twee is later op 5 Desember verloof. Ilne het toe laat hoor dat dit die maklikste ja van haar lewe was. “Ek kan nie wag om die res van my lewe met jou deur te bring nie,” het sy gesê. 

View this post on Instagram

A post shared by @ilneblom

Dit lyk ook asof die paartjie binnekort na die buiteland gaan verhuis. 

Ilne het voorheen vertel dat sy, Wianco, tesame met nog twee vriende, besig is om hul dokumentasie in plek te kry om vir ’n jaar lank in Suid-Korea Engels te gaan aanbied. 

“Dit gaan vir ons albei ’n groot avontuur wees,” het sy toe vertel. 

Wianco het ook onlangs in die sosiale media verklap dat hulle vir die jaar oorsee gaan werk. 

Baie geluk, julle!


Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe