Cobus het verlede jaar tydens die Wêreldbekerrugbytoernooi die vinnigste driekuns in Wêreldbeker-geskiedenis aangeteken toe hy in die groepwedstryd teen Kanada drie keer vir die Springbokke oor die doellyn geduik het.

Cobus se pa, Jaco, het in 1986 vir die Springbokke as vleuel uitgedraf en was bekend vir sy spoed. Hy het in daardie tyd nog die Suid-Afrikaanse rekord gehou vir die 400 m-wedloop.

Cobus Reinach
Cobus se ma, Annette, is baie trots op hom.
Foto: Gallo Images/Getty Images
Cobus as jong speler by die Haaie in 2013. Foto: Gallo Images/Getty Images
cobus reinach,rugby,baba,familie,ouerskap
Cobus en klein Righardt se kosbare oomblik saam. Foto: Verskaf
Cobus en sy vrou, Frances, saam hul eersteling, Ri
Cobus en sy vrou, Frances, saam hul eersteling, Righardt.

In ’n kostelike video wat Cobus op Instagram gedeel het, hardloop hul klein seuntjie, Righardt, by ’n wal af en Cobus skree: “Hier is spoed, hier is spoed!”

Dit is ’n verwysing na Cobus se pa, Jaco, en die kommentator Gerhard Viviers se gejuig in ’n 1986-wedstryd tussen die Springbokke en die Kavaliers, ’n Nieu-Seelandse rebellespan, toe hy na die doellyn gesnel het.

Toe Jaco op spoed was, het Gerhard geskree dat almal hom kan hoor: “Hier is spoed, hier is spoed, hier is spoed!”

View this post on Instagram

Hier is spoed. Te veel spoed!

A post shared by Cobus Reinach (@cobus.reinach) on

Richardt, wie verlede maand een geword het, se volle name is Righardt Christian Jacobus Reinach. Christian na sy oupa aan moederskant en Jacobus na sy oupa aan vaderskant.

Jaco is egter tragies in ’n motorongeluk oorlede toe Cobus in gr. 1 was.

Jaco sr., Herman (links), Cobus en Annette voor Ja
Jaco sr., Herman (links), Cobus en Annette voor Jaco sr. se dood.

Cobus sê aan Huisgenoot hy is baie dankbaar daar is soveel beeldmateriaal van sy pa.

“Ek is seker ek en Righardt gaan nog baie daarna kyk. En ek is seker my pa sou hom baie geniet het.”

Cobus sê sy pa was ’n besonderse man wat ’n besonderse lewe gelei het.

“Daar lê baie lesse in sy stories opgesluit, en ek hoop dat hulle eendag vir Righardt ook goed sal dien.”

In ’n onderhoud met Huisgenoot verlede jaar het Cobus se ma, Annette, vertel van die opdraande pad om drie seuns alleen groot te maak.

“Jaco sou so trots gewees het op sy seuns,” het sy toe gesê.

Annette het aan Huisgenoot gesê sy kan nie help om aan Jaco te dink met elke groot oomblik in haar, haar kinders en kleinkinders se lewe nie. “Elke keer dink ek: ‘Wat sou hy nou gesê het?’ of ‘Wat sou hy nou gedoen het?’”

Cobus en sy gesin woon in Northampton in Engeland waar hy al meer as 50 wedstryde vir die Northampton Saints gespeel het. Maar hy en sy gesin is ook nou, nes sy landgenote, tuis ingeperk.

“Ek mis hulle ongelooflik baie. Ons gesels darem op video call, maar dis baie erg. Ek het Righardt laas gesien toe hy twee en ’n half maande oud was,” sê Annette aan Huisgenoot.

Sy sê sy wil bitter graag vir hulle in Engeland gaan kuier en hoop dit kan binnekort wees.

En oor dáárdie wedstryd van haar man wat selfs in Jakkie Louw se liedjie, "Van Toeka tot nou" gebruik is?

“Ek onthou daai wedstryd van Jaco en die kommentaar . . .” sê Annette.