Die Bokke sal hul spiere moet bult dié naweek in die semi-finaal en die manne se gesinne staan bankvas agter hul.

Die Springbok Franco Mostert se vrou, Juan-Ri en sy twee dogters Joia-Belle (3) en Jemi-Milja (5 maande) is nie in Japan nie.

Juan-Ri het dié mooi foto onlangs gedeel by Joia-Belle se sportdag en bygevoeg "ek weet van iemand wat enigiets sou gee om hier te wees".  

Kyk net die patroontjie se glimlag. Juan-Ri skerts ook dat hul jongste natuurlik die Bokspan se oorwinning geniet het. 

Franco mis natuurlik sy drie 'girls' soos hy hulle noem net so baie. 

Kirsten Grant, die aantreklike Malcom Marx se nooi, rits in Japan rond en kyk rugby so tussen deur. 

Sy het die foto gedeel van haar op die stadion na die Bokke Sondag vir Japan geklop het. Die woorde #strongertogether is die slagspreuk van die Bokke se afrigter, Rassie Erasmus. 

En kyk net na die oulike foto wat sy gedeel het van Malcom toe hy verlede week in Japan onder die haarkapper deurgeloop het. Dit lyk na 'n heerlike gepamperlang.

View this post on Instagram

Boys will be boys. #wolfmanbarbershop

A post shared by Kirsten Grant (@kirstagrant) on

Die Springbok-kaptein Siya Kolisi se blonde vrou, Rachel, en hul twee kinders is ook in Japan om die Bokke te ondersteun. Sy het dié komiese foto van haar tydens die wedstryd gedeel met die woorde "Maar ons kan saamstem ons almal het so gevoel halftyd". 

Dít nadat die Bokke ondersteuners laat naelskou daai eerste 40 minute van die wedstryd. 

View this post on Instagram

Here for all of it ????

A post shared by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Terwyl Siya voorberei het vir die volgende wedstryd het Rachel en hul dogter, Keziah en hul seun, Nicolas, Disneyland Tokyo besoek. Wat 'n belewenis! 

View this post on Instagram

Tokyo Disney is always a good idea. ?

A post shared by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Maar die twee getroudes ruim steeds tyd in vir 'n romantiese ete saam tydens die Wêreldbeker. 

Siya het ook hierdie mooi foto van sy gesin gedeel.

Elton Jantjies se familie is nie saam Japan toe nie maar hy het die kostelike foto van hulle gedeel waar vriende en familie saamdrom voor die televisie vir hul wedstryd. 

Steven Kitshoff se vrou, Aimee, kuier ook in Japan. Sy het Sondag dié foto van hom gedeel. 

Sy het 'n spesiale baadjie laat maak om in Japan te dra ter ondersteuning van Steven. Hier poseer sy met die baadjie saam met Steven, Kirsten Grant en Malcolm Marx.