Met die Springbokke se eerste wedstryd in die Wêreldbekerrugbytoernooi het ’n paar Getroud met rugby-akteurs die span saam met ander Bok-aanhangers ondersteun. 

elzabé zietsman,aktrise
Elzabé Zietsman. Foto: Verskaf
david louw,johan scholtz,akteurs
David (links) en Johan saam met die kommersiële bestuurder van die LFP-groep, Nthabiseng Phoshoko. Foto: Verskaf

Die geesdriftige skare het die wedstryd regstreeks op ’n groot buitelugskerm by Loftus Park, langs Loftus Versfeld, gevolg toe die Suid-Afrikaanse span en die Nieu-Seelanders mekaar op 21 September in Japan gepak het. 

Al het die Bokke ongelukkig nie gewen nie, het die dag sommer hope pret en opwinding opgelewer. 

adrian steyn,akteur,getroud met rugby
Adrian Steyn (links) en Thinus Els. Foto: Verskaf
lulu scholtz,johan scholtz,getroud met rugby
Lulu en Johan Scholtz. Foto: Verskaf

Getroud met rugby het aangekondig die LFP-groep, wat onder meer die Mej. Suid-Afrika-geleentheid borg, sal van einde Oktober ook dié gewilde kykNET-sepie en sy fiktiewe rugbyspan, die Stryders, ondersteun. 

kate roothman,willlie oberholster,akteurs
Kate Roothman en Willie Oberholster. Foto: Verskaf

Ook in die sosiale media het dit gebruis van geesdrif met bekendes soos die sangeres Leah, Arno Jordaan en sy twee seuntjies, Luka en Milan, en die mediapersoonlikhede Ian Bredenkamp en sy vrou, Elana Afrika-Bredenkamp, wat die Bokke voorspoed toegewens het.

leah,sangeres
Die sangeres Leah. Foto: Instagram/@leahmusieksa
ian bredenkamp,elana afrika-bredenkamp
Ian Bredenkamp en sy vrou, Elana Afrika-Bredenkamp. Foto: Instagram/@elanaafrika
arno jordaan,sanger
Arno Jordaan en sy seuns, Milan (links) en Luka. Foto: Instagram/@arnojordaan

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.