Jacqueline en haar man, Elan Ruspoli, se eersteling is op 4 Maart gebore. Hy heet Rise Harlen Ruspoli.

"Ons harte loop oor. Ons het Rise gekies, want vir ons beteken dit groei, die eenvoud van vorentoe beweeg. Ons sien ons seun as ’n opheffende krag vir positiewe verandering en ’n beter wêreld," het die 31-jarige Kanadese aktrise by 'n ekslusiewe foto op Instagram geskryf.

Sy het ook haar bewonderaars bedank vir die pad wat hulle saam met haar gestap het en ook hul eie swangerskapstories wat hulle met haar gedeel het.


Swangerskap

Jacqueline het deurentyd pragfoto's van haar swangerskap in die sosiale media gedeel.

Die stralende Jacqueline het duidelik elke fase van haar swangerskap geniet. Sy en haar man, Elan, ’n talentagent, het in November bevestig hulle verwag ’n seuntjie.

Sy het op ’n dramatiese wyse haar swangerskap aangekondig.

Dit was tydens die verfilming van die sepie se Intimates Lingerie-modeskou. Nadat sy op die loopplank in een van die uitrustings uit die reeks geloop het, het sy met 'n baie groot glimlag aangekondig: "Ek wil net vir julle almal laat weet jul meisie is swanger!". Die swangerskapnuus is luid toegejuig.

Die uitdrukking op Alley Mills, wat die rol van Pam in die sepie speel, se gesig na die verblydende nuus is absoluut kosbaar.