En nou maak sy reg vir nog ’n groot rol – die van ma.

Die 31-jarige Kanadese ster het in Oktober verlede jaar die nuus gedeel dat sy swanger is met haar en haar man, Elan Ruspoli, se eersteling. En nou, kort voor hul kleinding se koms, smeul sy nog steeds voor die kameras.

Jacqueline is tans nege maande swanger en die sexy donkerkop skroom nie vir een oomblik om haar babamagie vir die wêreld te wys nie.

Jacqueline en haar man, Elan, ’n talentagent, het in November bevestig dat hulle 'n seuntjie verwag.

View this post on Instagram

Ittttttt’s aaaa BOYYYYY!!!!!!! Ahhhhh!!!!!

A post shared by J A C Q U E L I N E W O O D (@jacquelinemwood_1) on

Kyk net dié sexy foto’s wat sy sedertdien in die sosiale media met haar 431 000 volgers deel.


Jacqueline het onlangs op Instagram onthul dat sy vreemde eetgewoontes tydens haar swangerskap het.

"Vreemde eetlus van die dag . . . Koue biefstuk met sout en malvalekkers . . . ummm? Okei!" het sy laat hoor.


Jacqueline laat ook die koppe draai met haar swangerskapklerestyl. Sy vra ook gereeld vir haar aanhangers wenke oor swangerskap en mawees.