Dit was nie net tyd vir ontspan en verken nie, maar ook vir die viering van Avukile se 36ste verjaardag.

View this post on Instagram

Brekkie with a view #TRAVULdiary

A post shared by Avukile Mabombo (@avukile) on

Die twee het ’n paar dae in Maputo gekuier, “wat lieflik en warm was”, vertel Tracey.

Met ’n besoek aan die Maputo-sentrale mark was sy veral verbaas oor hoe groot die tropiese vrug nangka (jackfruit) is.

By die oord waar hulle tuisgegaan het, het hulle geswem, heerlike kos geëet en op die wit sand gestap.

Nog ’n hoogtepunt was ’n uitstappie met ’n katamaran na die eiland Pansy, waar hulle met laagwater skulpies opgetel het.