“Ons klein Harry werk alreeds aan sy stroomlyn. Kan nie wag om hom eendag in die swembad te kry vir ’n paar rondtes saam met pa nie,” het Cameron op Instagram oor sy kleinman gekoer. 

View this post on Instagram

Our little Harry working on his streamline already ?? can’t wait to get him into the pool with dad for a few laps one day ??

A post shared by Cameron van der Burgh OIS (@cameronvdburgh) on

Harry is Cameron en sy vrou, Nefeli, se eersteling. Hy is op 4 September in die Chelsea-en-Westminster-hospitaal in Londen gebore. 

Cameron het kort na hul seuntjie se geboorte op Instagram onthul hy heet Harry David van der Burgh.

Cameron en Nefeli het in Julie 2018 in Griekeland afgehaak. Hulle het later daardie jaar Kaapstad vir Londen verruil nadat hy sy swemloopbaan gegroet het.  

View this post on Instagram

First time in a while! ??????????

A post shared by Cameron van der Burgh OIS (@cameronvdburgh) on

In Maart vanjaar het Cameron, wat Suid-Afrika al drie keer by die Olimpiese Spele verteenwoordig het, bekendgemaak dat hy die coronavirussiekte onder lede gehad en herstel het.

In Augustus het hy in ’n gesprek met die Suid-Afrikaanse swemmer Tatjana Schoenmaker oopgemaak oor sy herstelproses. 

“Ek kan nog steeds niks ruik nie. Ek is lief vir my wyn, maar ek kan dit nie ruik nie. Die ding is dat ek uie in die huis kan ruik selfs al is daar nie uie nie. Ek moet doen wat gelyk is aan reukoefening, ek moet leer om van voor af goed te ruik, soos koffie of kaneel. Die ligpunt is dat ons nou die teenliggame het so hopelik is ons immuun daarteen om dit weer op te doen, vir nou,” het Cameron verduidelik. 

Cameron werk sedert sy uittrede as ’n aandelehandelaar vir ’n batebestuursgroep in Londen. 

Ekstra bron: TeamSA