Hy het die groot nuus met die woorde “best day of my life”, saam met 'n foto van sy bruid, Zonika Mellet (28), op sy Facebook-blad aangekondig.

Roan (31) het telefonies aan Huisgenoot vertel dit was 'n klein en intieme geleentheid wat deur sowat 30 familie en vriende bygewoon is.

Die twee het mekaar in 2017 by Weiveld, 'n musiekkuierplek in die ooste van Pretoria, deur 'n gemeenskaplike vriendin ontmoet.

Hulle was onmiddellik dolverlief. Hulle het in April vanjaar tydens 'n kuier by vriende in Nieu-Seeland verloof geraak.

Die twee het mekaar in 2017 ontmoet. Albert Breden
Die twee het mekaar in 2017 ontmoet. Foto: Albert Bredenhann / Pixel Pro Photography

Zonika is deesdae ook sy besprekingsagent en bestuurder.

Daar was glad nie tyd vir 'n wittebrood vir die twee pasgetroudes nie, maar Roan sê hulle beplan 'n wittebrood iewers in die toekoms.

Die twee was 'n paar dae ná hul troue terug in Pretoria, waar hulle bly. Daarna vat hulle die pad Durban toe waar hy volgende week optree.

Roan en Zonika is tydens ‘n klein, intieme geleent
Roan en Zonika is tydens ‘n klein, intieme geleentheid getroud. Foto: Albert Bredenhann / Pixel Pro Photography

Roan het in 2015 sy eerste album, The Traveler, uitgereik en dit in 2018 met Whiskey to my Soul opgevolg.

Die liedjies If I Ever Saw Heaven en Whiskey to my Soul is van sy grootste treffers. In Junie vanjaar het hy by die CMA-musiekfees in Nashville opgetree.