Die paartjie het onlangs in 'n spogtroue in die Boland afgehaak. Demi-Leigh (24) en Tim (32) het op 20 Januarie op die prentjiemooi landgoed La Paris in Franschhoek voor 260 gaste ewige trou aan mekaar beloof. 

Soneva Jani, die vakansieoord in die Maledive waar die pasgetroudes tans hul wittebrood vier, is beslis nie goedkoop nie. Een eenslaapkamer naby ’n swembad en die oseaan vir twee volwassenes kos sowat R47 099 per nag. 

’n Slaapkamer vir twee volwassenes met ’n opelug badkamer sal jou R53 371 per aand uit die sak jaag en ’n tweeslaapkamer met ’n dak wat kan oopskuif, kos R94 199 per nag. 

Op foto’s op hul Instagram-profiele lyk dit of die paartjie besluit het op die vierslaapkamer-woning wat spog met 'n waterglybaan waarmee jy tot in die osean kan afgly. Op die oord se webtuiste kos so ’n luukse villa R328 119 per nag.

View this post on Instagram

A post shared by Demi-Leigh Tebow (@demileighnp) on

Demi-Leigh het in die sosiale media laat val dat sy en Tim 11 dae daar gaan uitspan. Hul romantiese eiland-wittebrood sal hulle dus R4,1 miljoen uit die sak jaag, met belasting en fooie ingesluit, indien hulle op die luukse vierslaapkamer-villa besluit het. 

Die villa wat bo die water staan spog met sy eie persoonlike gimnasium en wynkelder. 

Op haar Instagram beskryf Demi-Leigh, wat van die Wes-Kaapse kusdorpie Sedgefield is, die oord as “onwerklike natuurlike skoonheid”.

View this post on Instagram

Orange and blue, I love you ??

A post shared by Demi-Leigh Tebow (@demileighnp) on

By een kiekie van die pasgetroudes voor die sonsondergang, skryf Demi-Leigh: “Op eindelose sonsondergange saam met jou.” 

Tim het ook ’n foto van hom en sy vrou gedeel waarby hy skryf: “Glad nie ’n slegte uitsig nie.” 

View this post on Instagram

Not a bad view

A post shared by Tim Tebow (@timtebow) on

Die twee geniet hulle duidelik gate uit op hul wittebrood. Demi-Leigh het by 'n kiekie verklap hulle geniet "pieknieks en piña coladas".

View this post on Instagram

Picnics and Piña coladas ??

A post shared by Demi-Leigh Tebow (@demileighnp) on