Tim het in Januarie verlede jaar vir Demi-Leigh op die Tebow-familieplaas in Jacksonville, Florida die jawoord gevra. 

Die voormalige NFL-speler (National Football League) het in die geheim Demi-Leigh se twee ouerpare – haar pa en stiefma, Bennie en Elzabé Peters, en haar ma en stiefpa, Anne-Mari en Johan Steenkamp, en haar naaste vriende Amerika toe laat vlieg om in hul verlowing te deel. 

View this post on Instagram

Any dreams I’ve ever had, you’ve exceeded them all! I love you and I can’t wait to spend forever with you! @timtebow ???? • • ??@kellybramanphotography

A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on

Die kersie op die koek was toe die plaaslike musikant Matthew Mole sy opwagting daar maak – al die pad uit Suid-Afrika – om hul gunstelingliedjie, “The wedding song”, vir hulle te sing. 

Die donkerkopskoonheid van Sedgefield in die Suid-Kaap het intussen in die sosiale media aangekondig dat sy terug in haar geboorteland is. Demi-Leigh het foto's van haar op safari by Sun City gedeel.

Sy het ook die mooiste video met haar 1,4 miljoen Instagram-volgelinge gedeel om haar verlowingsdag te vier. 

View this post on Instagram

Where to next ...

A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on

View this post on Instagram

MOTHERLAND????

A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demileighnp) on

“Vandag ’n jaar gelede het ek ja gesê vir vir ewig saam met jou @timtebow. Dit was die wonderlikste dag. Dis die bedagsaamste ding wat iemand nog ooit vir my gedoen het. Dit was beslis die grootste verrassing. Ek het sedert ons eerste afspraak geweet jy is die een. Ek kan nie wag om jou vrou te wees nie . . . binnekort #TyingTheTebow,” skryf sy. 

Die stilis Werner Wessels, wat Demi-Leigh gehelp het om haar beste voetjie voor te sit by die Mej. Heelal-kompetisie in 2017 in Las Vegas waar sy met die kroon weggestap het, was ook onder diegene wat Tim spesiaal Amerika toe laat vlieg het vir die groot dag. 

Hy het ’n foto in die sosiale media gedeel waar hy Demi-Leigh omhels kort nadat Tim die groot vraag gevra het. 

“Hoe weet jy dat Demi in ekstase is? Ek: ‘Sy kan nie haar mond toemaak nie’,” skerts hy. “Een van die wonderlikste dae van ons lewens was om in hierdie oomblik te deel en Demi in Jacksonville te verras al die pad van Suid-Afrika af! Ek kan nog onthou dat ek gedink het as sy nie huil as sy ons sien nie, gaan ek haar knyp totdat sy huil . . . Nodeloos om te sê was dit nie nodig nie,” skryf hy verder. 

View this post on Instagram

Hey girl ?? @demileighnp

A post shared by Tim Tebow (@timtebow) on

Tim kan op sy beurt ook nie meer wag om Demi sy vrou te noem nie en het ook die video in die sosiale media gedeel. "’n Jaar gelede het jy my die gelukkigste man gemaak . . . Ek kan nie wag om die res van my lewe saam met jou deur te bring nie @demileighnp #TyingTheTebow," het Tim by die video geskryf.

Al het Demi-Leigh alreeds haar kombuistee in onderskeidelik Suid-Afrika en New York gevier, is dit steeds ’n dig bewaarde geheim oor wanneer die glanspaartjie se groot dag is en waar presies hulle gaan afhaak. 

Die paartjie het wel in September op Instagram hul volgelinge gevra om hulle te help om 'n hutsmerk vir hul troue uit te dink. En dit gee aanhangers hoop dat daar troukiekies in die sosiale media kan opduik.

Die paartjie oefen ook al hard aan hul eerste dans as mnr. en mev. Tebow.

Die troue gaan duidelik 'n Suid-Afrikaanse invloed hê. Die plaaslike geleentheidsbeplanner en Wedding Bashers-ster Zavion Kotze het op Instagram onthul hy help Demi-Leigh haar droomtroue beplan.

Zavion het op Instagram onthul die eer om Demi-Leigh met haar troubeplanning te help is die hoogtepunt van sy jaar.

Die gastelys gaan waarskynlik wemel van sterre en skoonheidskoninginne. En met dié dat Tim soveel verrassings vir Demi-Leigh gehad het toe hy die jawoord vra, kan ons nie wag om te sien met watter spesiale romantiese gebare hy sy verloofde op hul troudag verras nie.