Derick Hougaard,nuwe hare
Derick tydens die behandeling waar haar vir haar in sy kopvel ingeplant word. Foto: Verskaf

“ ’n Bles kop kan enigiemand tref, of dit nou weens ouderdom of gene is. As dit gebeur, verloor jy baie selfvertroue,” vertel Derick. “Maar ek is bly oor die vordering,” voeg hy in ’n verklaring by.

Derick Hougaard,nuwe hare
Derick met sy afgeskeerde kop voor die behandeling. Foto: Verskaf
Derick Hougaard,nuwe hare
Derick kort voor sy behandeling. Foto: Verskaf

Die bekende Advanced Hair Studio wat hom nou help om weer sy welige haredos terug te kry het ander bles sportmanne ook gehelp, soos die Suid-Afrikaanse krieketsterre Jacques Kallis en Farhaan Behardien, die Australiese krieketlegende, Shane Warne en die Indiese krieketheld Sourav Ganguly.

En ons geliefde grapjas Leon Schuster spog ook weer met ’n weglêkuif.

Die prosedure wat in Derick se geval gebruik word, is om nuwe hare een vir een in sy kopvel in te plant. Daar sal reeds ná ses maande ’n merkbare verskil wees.

Derick Hougaard,nuwe hare
Rugbylegende Derick Hougaard toe sy hare begin uitval het. Foto: Verskaf
  • Derick kon nie vir kommentaar bereik word nie.