En dalk selfs met die jonge prins Jacques (6) van Monaco, wie se ma natuurlik die Suid-Afrikaans gebore prinses Charlene Wittstock is. 

Maar die monargieë van Europa spog ook met ’n hand vol jong prinsesse wat eendag die troon gaan bestyg en koningin gaan word. Hier is ’n paar feite oor dié adellikes.

Prinses Elisabeth van België

Prinses Elisabeth van België. Foto: Gallo Images/G
Prinses Elisabeth van België. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die 19-jarige eerste aanspraakmaker tot die Belgiese troon is die oudste dogter van koning Philippe en koningin Mathilde van België. 

Elisabeth heet die hertogin van Brabant sedert haar pa, Philippe, in 2013 sy pa, koning Albert II, opgevolg het. As sy, soos verwag word, die troon bestyg, sal die blouoogprinses die eerste Belgiese koningin word wat regeer.

Elisabeth het vier jonger sibbes, haar broers, prins Gabriel (17) en prins Emmanuel (15), en haar kleinsus, prinses Eléonore (12). 

Elisabeth is tans ’n student aan die Koninklike Militêre Akademie in die Belgiese hoofstad, Brussels, nadat sy vroeër vanjaar haar tersiêre opleiding aan die UWC Atlantic College in Wallis voltooi het. 

Elisabeth is tans ’n student aan die Koninklike Mi
Elisabeth is tans ’n student aan die Koninklike Militêre Akademie in Brussels. Hier verskyn sy saam met haar ouers, koningin Mathilde en koning Phillipe. Foto: Gallo Images/Getty Images

Prinses Catharina-Amalia van Nederland

Die 17-jarige prinses Catharina-Amalia is die oudste van koning Willem-Alexander van Nederland en sy Argentyns gebore vrou, koningin Máxima, se drie tienerdogters.

Prinses Catharina-Amalia van Nederland. Foto: Gall
Prinses Catharina-Amalia van Nederland. Foto: Gallo Images/Getty Images

Catharina-Amalia het twee jonger susters, prinses Alexia (15) en prinses Ariane (13). 

Amalia (middel) en haar jonger sussies, Alexia (li
Amalia (middel) en haar jonger sussies, Alexia (links) en Ariane. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die drietal het in 2013 harte gesteel toe hulle in eenderse koningsblou uitrustings hul pa se inhuldiging as koning van Nederland bygewoon het. 

Amalia, soos sy genoem word, se amptelike titel is die prinses van Oranje. Hoewel drie van Nederland se laaste vier monarge vroue was, is Amalia die eerste prinses van Oranje in eie reg. As sy haar pa eendag opvolg, sal sy in die voetspore van haar ouma Beatrix, oumagrootjie Juliana en ooroumagrootjie Wilhelmina volg. 

Willem-Alexander en Maxima by hul drie beeldskone
Willem-Alexander en Maxima by hul drie beeldskone dogters op sy verjaarsdag in 2020. Foto: Gallo Images/Getty Images

In 2020 het daar omstredenheid geheers oor die monargie se besluit dat dié prinses, wat tans ’n hoërskoolleerder aan die Christelijk Gymnasium Sorghvliet skool in Den Haag is, vanaf 2021 ’n toelaag uit die staatsbegroting sal ontvang. 

Prinses Ingrid Alexandra van Noorweë

Prinses Ingrid Alexandra (16) van Noorweë is die oudste van kroonprins Haakon en kroonprinses Mette-Marit se twee kinders.

Uitgetof in tradisionele Noorweegse drag. Foto: Ga
Uitgetof in tradisionele Noorweegse drag. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die egpaar het ’n jonger seun, prins Sverre Magnus (15). Mette-Marit het ook ’n 23-jarige seun, Marius Borg Hoiby, uit ’n vorige verhouding. 

Ingrid Alexandra saam met haar gesin op haar beves
Ingrid Alexandra saam met haar gesin op haar bevestigingsplegtigheid. Van links is prins Sverre Magnus, kroonprins Haakon, kroonprins Mette-Marit en Marius Borg Høiby. Foto: Gallo Images/Getty Images


Ingrid Alexandra is naas haar pa die aanspraakmaker tot die Noorweegse troon. Haar 83-jarige oupa, koning Harald V, vier in 2021 sy 30ste jaar op die troon. Die sportiewe prinses is tans ’n leerder aan die Hoërskool Elvebakken in Oslo.

Ingrid Alexandra en prinses Amalia van Nederland deel boonop ’n band. Nog ’n toekomstige koningin in Europa, Swede se kroonprinses Victoria, is albei prinsesse se peetma.

Ingrid-Alexandra by haar peetouers. Agter van link
Ingrid-Alexandra by haar peetouers. Agter van links is koning Felipe VI van Spanje, kroonprinses Victoria van Swede, Ingrid Alexandra se tante prinses Märtha Louise en kroonprins Frederik van Denemarke. Voor by Ingrid Alexandra sit haar oupa, koning Harald V en haar ouma aan moederskant, Marit Tjessem. Foto: Gallo Images/Getty Images

Daar is al grappenderwys na Victoria verwys as die “peetma van Europa” aangesien sy 18 peetkinders het. Benewens Ingrid Alexandra en Amalia is Victoria ook die peetma van prins Christian van Denemarke, wat tans die tweede aanspraakmaker tot die Deense troon is. 

Victoria en Daniel saam met hul strooimeisies en h
Victoria en Daniel saam met hul strooimeisies en hofknapies. Tweede en derde van links is Amalia en Ingrid Alexandra, terwyl Denemarke se prins Christian breed glimlag heel regs op die foto. Foto: Gallo Images/Getty Images

Prinses Leonor van Spanje

In 2013 en 2014 het nie minder as drie Europese monarge, sowel as pous Benediktus, van hul troon geabdikeer. Benewens die bogenoemde koningin Beatrix van Nederland en koning Albert van België, het die omstrede Spaanse koning Juan Carlos I ook afstand gedoen van die troon ten gunste van sy seun, die huidige koning Felipe VI. 

Prinses Leonor (15), die oudste van Felipe en sy vrou, koningin Letizia, se twee dogters, het daarmee die eerste aanspraakmaker tot die Spaanse troon geword en sommer ’n hele string titels daarby geërf. 

Leonor tydens die opening van die Spaanse parlemen
Leonor tydens die opening van die Spaanse parlement in 2020. Foto: Gallo Images/Getty Images

Haar amptelike titel is Haar Koninklike Hoogheid Leonor de Todos los Santos de Borbon y Ortiz, prinses van Asturias, prinses van Girona, prinses van Viana, hertogin van Montblanc, gravin van Cervera en dame van Balaguer. As sy eendag die troon bestyg, sal sy die eerste Spaanse koningin word sedert Isabella II, wat van 1833 tot 1868 in Spanje regeer het. 

Felipe en Letizia, ’n voormalige joernalis, het ook ’n jonger dogter, prinses Sofía (13). Albei dogters vergesel gereeld hul ouers na amptelike aangeleenthede.

Koning Felipe, prinses Leonor, prinses Sofia en ko
Koning Felipe, prinses Leonor, prinses Sofia en koningin Letizia tydens ’n besoek aan die Spaanse dorpie Somao in Oktober 2020. Foto: Gallo Images/Getty Images

Leonor en Sofía is tans leerlinge aan die Santa María de los Rosales-skool in Madrid.

Prinses Estelle van Swede 

In Januarie 1980 het Swede die eerste Europese monargie geword wat wette aangeneem het waarvolgens die oudste kind van die monarg, ongeag van geslag, die troonopvolger word. Daarmee het Victoria, die oudste van koning Carl XVI Gustaf en koningin Silvia se drie kinders, die kroonprinses geword nadat die titel vir sewe maande aan haar jonger broer, prins Carl Philip, behoort het. 

Die geboorte van Victoria en haar man, prins Daniel, se dogter, Estelle, in 2012, het verseker dat die volgende twee heersers van Swede vroue sal wees. Hulle sal onderskeidelik die vierde en vyfde koninginne van Swede word. 

Die jong prinses Estelle van Swede is die tweede a
Die jong prinses Estelle van Swede is die tweede aanspraakmaker op die troon van die Skandinawiese land. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die agtjarige Estelle het ’n jonger boetie, die skattige prins Oscar (4). Estelle word gereeld saam met haar ouers by openbare geleenthede gesien en in Februarie vanjaar is ’n stigting vir die bevordering van die kunste na haar genoem.

Estelle saam met haar ouers, prins Daniel en kroon
Estelle saam met haar ouers, prins Daniel en kroonprinses Victoria, en kleinboet Oscar. Foto: Gallo Images/Getty Images

Estelle is tans 'n leerder aan die Campus Manilla-skool in Stockholm.  

Victoria, Estelle en Victoria se suster, Madeleine
Victoria, Estelle en Victoria se suster, Madeleine (links agter) aangetrek in tradisionele Sweedse drag vir die viering van hul land se nasionale dag. Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: monarchie.be, people.com, hello.com, cnn.com, royalcentral.co.uk, tatler.com, historyofroyalwomen.com, people.com, royal-house.nl, casareal.es, royalcourt.no, kungahuset.se