IRSHAAD ALLY

Irshaad Ally
Irshaad Ally Foto: Verskaf

Die Suidooster-akteur hoor gereeld hy en sy vrou, Ayesha, se jongste dogtertjie, Hanaa (1), lyk nes hy.

“Sy het beslis my oë en neus. Sy is ook baie astrant en wil altyd haar sin hê. Sy aard beslis na my,” sê Irshaad.

LEE-ANN LIEBENBERG

Leeanne liebenberg
Lee-Ann Liebenberg Foto's: Papi Morake en verskaf

Dié model en glansvrou en haar man, Nicky van der Walt, se oudste dogter, Gia (9), is haar ma se ewebeeld. “Ek moet bieg ek sien ooreenkomste, maar Gia is beslis die opgegradeerde, nuwe en verbeterde weergawe van my,” het Lee-Ann al vertel.

ALTUS THEART

Altus Theart
Altus Theart Foto's: Instagram/@altustheart

Die Getroud met rugby-akteurspaar Altus Theart en Zetske van Pletzen se driejarige seuntjie, Alexander, lyk baie soos sy pa toe hy omtrent dieselfde ouderdom was.

“Hy trek nogal baie na my, maar baie mense sê ook hy lyk soos Zetske. Ek dink hy’s ’n mooi kombinasie van ons,” sê Altus. “Hy aard na my! Hy is baie besig, vol energie en nie bang nie.”

WERNER COETSER

Werner Coetser
Werner Coetser Foto's: Instagram/@wcoetser en verskaf

Die Getroud met rugby-paartjie Werner Coetser en Marijke van der Westhuizen se vyf maande oue dogtertjie, Layla, is uitgeknip haar pa.

“Almal wat vir Layla sien, sê sy lyk soos ek. Ek is seker dis die donker hare,” sê Werner.

REANDI GREY

Reandi Grey
Reandi Grey Foto's: Instagram/@cheerfullygrey

Die 7de Laan-aktrise Reandi Grey se dogtertjie, Heidi (8 maande), lyk nes haar ma toe sy ’n baba was, en het ook dieselfde persoonlikheid.

“Nes ek kan sy ongelooflik opgewonde raak oor die kleinste goedjies dat dit net arms en bene is wat waai.”

FRANCOIS VAN COKE

Francois van Coke
Francois van Coke Foto's: Instagram/@francoisvancoke en André Badenhorst

Die rocker Francois van Coke hoor gereeld hy en sy vrou, Lauren, se driejarige dogter, Alex, lyk soos hy. En sy’s net so versot op musiek soos haar pa.

“Alex is ’n ekstrovert, sy is emosioneel en hou van sing. Ek dink nogal sy aard na my,” sê Francois.

SHERMAN PHARO

Arendsvlei
Sherman Pharo Foto: Instagram/evangelinepharo en sherwinpharo

Die Arendsvlei-akteur en sy vrou, die aktrise Evangeline Pharo, se seuns, Shermano (15, bo toe hy 4 was) en Blake (9, onder), lyk kompleet soos hul akteur-pa in sy jonger dae.

“Dis eintlik scary hoe baie ek van myself in my kinders sien. Die een het my rustigheid, terwyl die ander een my lewenslustige kant in hom het.”

HILDEGARDT SILKIEWICZ

Hildegaardt Whites
Hildegardt Silkiewicz Foto's: Instagram/@hildegardt-silkiewicz

Die 7de Laan-aktrise sê haar tweejarige seuntjie, Miles, is ’n goeie kombinasie van haar en haar musikant-man, Kuba Silkiewicz.

“Ek hoor tog baie mense sê hy lyk soos ek, maar noudat hy ’n bietjie groter raak, lyk hy ál meer na sy pa. Hy het beslis my bos hare en my mond,” sê sy.

CHESLIN KOLBE

Cheslin Kolbe
Cheslin Kolbe Foto: Instagram/@cheslin15

Die Springbokvleuel Cheslin Kolbe en sy vrou, Layla, se tweejarige dogtertjie, Kayla, is haar rugbyspeler-pa se oogappel. En ’n mens kan sien hoekom! Layla het al onthul Cheslin is dol daaroor as mense sê Kayla lyk soos hy.

VICKY DAVIS

Vicky Davis
Vicky Davis Foto's: Jacques Stander en verskaf

Die oud-Pasella-aanbieder Vicky Davis en haar musikant-man, Schalk Joubert, se twee kleingoed, Lira (5) en Jean-Luc (2), lyk op ’n druppel soos hul ma in haar kinderdae.

“My kinders het albei dieselfde blonde krulhare soos wat ek as kind gehad het. Ek spot altyd en sê my kinders het my krulle gesteel,” sê Vicky. Haar hare het vanaf laerskool begin bruiner word en sy dra dit nou meestal reguit.