Vicky Davis

Die aktrise Vicky Davis en haar man, die musikant en musiekvervaardiger Schalk Joubert, se sesjarige dogtertjie, Lira, het verlede week met graad 1 begin. 

Die ma van twee het ‘n foto van Lira op haar eerste skooldag op Instagram gedeel. "Eerste dag van die volgende 12 jaar!” het Vicky by die kiekie geskryf.

Het jy al vir ons Gr. 1’tjie-kompetisie ingeskryf? Wys ons jou skattige kleinding en kom in aanmerking vir ’n R12 500 kontantbewys en klomp wonderlike geskenkpakke. 

Vicky het ook ’n ruk terug ’n foto gedeel van Lira en haarself toe sy min of meer Lira se ouderdom was. 

Op die foto is daar geen teken van Vicky se golwende bruin hare nie. Sy spog met ’n bos ligblonde krulle, nes Lira, wat haar gesiggie omraam. 

Op die foto was Vicky so twee en ’n half jaar oud en Lira drie en ’n half. “Mense vra altyd waar kom Lira se blonde krulle vandaan en wil my nie altyd glo dat ek so gelyk het nie, omdat my hare nou bruin is,” het Vicky al aan Huisgenoot vertel. 

Die televisieaanbieder en aktrise Vicky Davis saam
Die televisieaanbieder en aktrise Vicky Davis saam met haar kinders, Jean-Luc en Lira. Foto: Jacques Stander

Mandi du Plooy-Baard

Die aktrise Mandi du Plooy-Baard en haar man, die sanger Schalk Baard, se jongste kind, Sumé (5), het onlangs met graad R begin. "En nou is altwee ons kuikens in dieselfde hok. My baba is in Gr R — hoe hou mens se hart die tyd wat so vlieg?! Vlieg hoog julle twee champs en geniet die nuwe avontuur,” het die aktrise op Instagram by 'n foto van haar dogtertjie geskryf. 

Die egpaar se eersteling, Jeandré (7), is nou in graad twee. 

Mandi se Instagram-volgelinge kon nie uitgepraat raak oor hoe eenders Mandi en haar dogter, Sumé, lyk nie. "Sussie is mamma se ewebeeld," het een laat hoor. "Ag my moeder Mandi, sy lyk nes jy," was nog een se mening.

“Ek moet dalk een van my foto’s langs Sumé s’n post. Mens kan nie glo hoe baie ons na mekaar lyk nie!" het die aktrise in die kommentaar-afdeling geskryf. 

Mandi het daarna 'n foto gedeel van haar uit haar kinderjare, langs kiekies van Sumé met die onderskrif: "Die appel val inderdaad nie ver van die boom af nie."

 

Minki van der Westhuizen en Ernst Joubert

Minki se middelkind, Elise (6), het ook vanjaar met graad 1 begin. Die skattige Elise is uitgeknip haar pa, die oud-rugbyspeler Ernst Joubert. 

Ernst het die trotse oomblik op Instagram gedeel. “Mag julle altyd so opgewonde oor skool wees soos vandag!” het hy laat hoor. 

Minki het ook 'n foto van Elise se skooldag op haar Instagram-blad gedeel en geskryf: “My rykdom! My grootste prestasie! My dogtertjiefees!” 

Sy het ook 'n foto van haar oudste dogter, Katerien (7), gedeel wat nou in graad 2 is.

Minki en haar oogappel, Elise. Foto: Instagram/min
Minki en Katerien. Foto: Instagram/minkivanderwesthuizen
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Nadat iemand in die kommentaarafdeling van Ernst se Instagram-blad gevra het of die oomblik van Elise se eerste skooldag "tough" was, het Ernst laat hoor: “Tough? Vyf maande vakansie was tough. Die is fantasties!”

Toe Elise en haar ousus, Katerien, tydens die inperking moes tuisbly, moes Ernst en Minki, nes talle ander ouers oor die land, hul lyf onderwyser hou. 

“Ek het besef ek het net nie die geduld daarvoor nie. Ek is so dankbaar vir alle juffrouens daarbuite,” het Minki verlede jaar aan Huisgenoot vertel. 

Die egpaar se jongste dogter, Elsa, vier in Maart haar derde verjaardag. 

Lee-Ann Liebenberg 

Die model en glanspersoonlikheid Lee-Ann Liebenberg deel gereeld kiekies van haar twee dogters, Gia (10) en Bella (6). Maar dit het omtrent gegons toe Lee-Ann 'n foto van haarself as agtjarige dogtertjie aan die Laerskool Horison in die Wes-Rand gedeel het. 

Van haar 106 000 Instagram-volgelinge meen haar eersteling, Gia, wat nou op laerskool is, lyk op ’n haar nes haar bekende ma en is haar dubbelganger.

“Ek was agt jaar oud toe die foto geneem is,” het Lee-Ann in 2019 aan Huisgenoot vertel. “Ek moet bieg ek sien ooreenkomste, maar Gia is beslis ’n opgegradeerde nuwe en verbeterende weergawe van my,” het die die model geskerts. 

Klein Gia lyk nes haar ma, die model Lee-Ann Liebe
Klein Gia lyk nes haar ma, die model Lee-Ann Liebenberg. Foto's: Instagram/@leeannliebenberg; @nickyvanderwalt

“Gia is baie sag en ons noem haar klein ‘Miss Grace’. Sy het altyd ’n boek in die hand. Sy is mooi en ’n slimkop terwyl Bella ’n regte karakter op haar eie is.

“Sy bestuur beslis ons huishouding en vermaak altyd almal om haar,” het sy bygevoeg. Bella word in April sewe jaar oud. 

Dis ’n seun! 

Lee-aan het vroeg in September 2020 onthul sy is swanger met haar en haar man, die sakeman Nicky van der Walt, se derde kleinding. 

Die gesin het in ’n video die geslag van die nuwe toevoeging tot hul gesin verklap.

“Dis ’n . . .” het sy geskryf by ’n video waar sy en haar man blou konfetti in die lug skiet om die geslag van hul derde kind aan te kondig. Die paartjie verwag hul eerste seuntjie.

Nicky het in die kommentaar-afdeling van Lee-Ann se inskrywing drie blou hartjies geplaas. Hierop het Lee-Ann geantwoord: “Ons prins.”  

Skryf in vir ons My Graadeentjie-kompetisie

Is jou kind vanjaar in Gr. 1? Indien wel, kan jy in aanmerking kom vir kontantpryse ter waarde van R12 500 asook verskeie geskenkpakke. 

  • Die eerste prys is ’n R6 000 kontantbewys geborg deur Freedom Stationery.
  • Tweede prys: R4 000 kontantbewys geborg deur Freedom Stationery.
  • Derde prys: R2 500 kontantbewys geborg deur Freedom Stationery.
  • Vir die oulikste glimlag is daar 10 Pritt-geskenkpakke beskikbaar ter waarde van R1 000.
  • En vir die beste houding kan jou kind een van 10 pare Toughees-skoolskoene ter waarde van R239.95 – R269.95 wen. 
  • Besoek die My Graadeentjie-webtuiste om in te skryf en vir die volledige bepalings en voorwaardes

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe