Hierdie plaaslike bekendes het die oulikste boodskappe vir hul geliefdes in die sosiale media gedeel. 

Nadia Beukes

Die aktrise en televisieaanbieder Nadia Beukes het op haar Instagram-profiel ’n foto van haar en haar man, David de Villiers, gedeel wat in die Franse Alpe uitspan. Die paartjie en hul jaar oue seuntjie, Davey, kuier tans by die Val d'Isere ski-oord. 

View this post on Instagram

Happy Valentine’s Day ??nb

A post shared by Nadia Beukes-DeVilliers (@nadiabeukes) on

"Gelukkige Valentynsdag," het Nadia by die foto van haar en David geskryf. 

Rolanda Marais
View this post on Instagram

Here’s to love and laughter ?? #happyvalentinesday @jozimad

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

"Op liefde en lag #happyvalentinesday," het die aktrise Rolanda Marais op Instagram by ’n foto van haar en haar man, die regisseur Jozua Malherbe, geskryf. 

Rolanda is tans op die silwerdoek te sien in die rolprent Poppie Nongena

Rolanda en Jozua het vroeër hierdie maand hul vierde huweliksherdenking gevier. 

Kobus van Wyk

Die rugbyspeler Kobus van Wyk speel tans vir die Nieu-Seelandse SuperRugby-span die Hurricanes en woon saam met sy vrou, Juné, en hul seuntjie in die stad Wellington. 

Juné het op haar Instagram-profiel ’n foto van Kobus en hul seuntjie, Elijah (1), gedeel. 

Die paartjie is in 2017 in Stellenbosch getroud. 

"Vandag vyf jaar gelede het dit alles vir ons begin, en hier is ons nou, ’n beeldskone seuntjie later, in ’n nuwe land, meer verlief as ooit. Vir altyd," het June by die foto geskryf. 

Christia Visser

Christia, wat bekend is vir haar rolle in flieks soos Ballade vir ’n enkeling en Tess, asook televisiereekse soos Die boekklub en Knapsekêrels, het in April verlede jaar haar verlowing op Instagram aangekondig. 

Christia het ’n foto van haar en haar verloofde, Thomas Webb, gedeel met ’n aanhaling van die skrywer John Mark Green. 

"As die liefde waansin is, wil ek nooit weer ’n gesonde verstand hê nie," skryf die aktrise by ’n swart-en-wit foto van haar en haar aanstaande. 

Christia maak ook deesdae naam as sangeres en het verlede jaar haar eerste enkelsnit, "17 Shots", uitgereik. 

Francois van Coke

Die rocker Francois van Coke het op sy Instagram-profiel ’n Valentynsdag-boodskap aan sy vrou, Lauren Badenhorst, gedeel.

"Gelukkige Valentynsdag aan my lief @laliewild," het Francois by ’n foto geskryf van hom wat die naambord op Francois Laurent-plein in die Belgiese stad Ghent toehou sodat dit "Francois Lauren" lees. 

Die egpaar het ’n driejarige dogter, Alex Lila. 

Rolene Strauss

Die voormalige Mej. Wêreld en haar man, D'Niel, het Maandag hul tweede seuntjie verwelkom en hulle straal behoorlik.

"My Valentyn. Dit is een van die mooiste en spesiaalste Valentynsdae van my lewe. D'Niel, ek lief jou maan toe en terug . . . selfs al geniet jy 'trooskos', soos mens maar doen, terwyl jou vrou die ergste pyn ooit ervaar. Dit is harde werk om geboorte te skenk, nè?" skryf Rolene by ’n foto van haar en D'Niel saam met hul pasgebore seuntjie. 

Rolene en D'Niel het reeds ’n driejarige seuntjie wie se naam hulle privaat hou. 

Irshaad Ally

Die Suidooster-akteur Irshaad Ally het ’n foto van hom en sy vrou, Ayesha, op sy Instagram-profiel gedeel. 

 "L'amour: Bo is twee mense saam in die lewe en liefde. Vir altyd," het hy daarby geskryf. Hy't vertel vertel dat die foto so gesny is om dit cool te laat lyk. "Onder, as jy mooi kyk, sal jy sien ek stoot ’n stootwaentjie met ’n snotterige eenjarige daarin en die vrou in rooi hou die hand van ’n energieke sesjarige vas wat die hele tyd vir roomys vra! So ja L'amour . . . Ek is lief vir jou, my lief. Vir ewig en ewig en ewig en ewig . . ." het Irshaad laat hoor. 

Charlene Kallis

Die oud-krieketspeler Jacques Kallis se vrou, Charlene, het ook op Instagram haar Valentynsdagboodskap aan hom gedeel. Die paartjie het in Januarie 2019 getrou en Charlene het op 16 Oktober op Jacques se 44ste verjaardag en hul vyfde herdenking as paartjie op Instagram onthul sy is swanger met hul eersteling, wat na verwagting in Maart gebore word.

Sy het op Valentynsdag 'n spesiale boodskap aan Jacques op Instagram gedeel.

"My Valentyn vir altyd! Nog net ’n paar weke totdat ons ons grootste seëning nog ontmoet. Ek kan nie my voorstel om dit met enigiemand anders langs my sy te doen nie! Gelukkige Valentynsdag, my lief," het Charlene by ’n foto van haar en Jacques langs die see geskryf. 

En die enkellopendes bly ook nie agter met die vieringe nie. 

Die stilis Werner Wessels, wat Mej. Suid-Afrika se kreatiewe direkteur is, het op Instagram ’n lieflike boodskap vir al die enkellopendes daar buite gedeel. 

"Hierdie boodskap gaan uit aan my mede-enkellopendes. Ek weet vandag is net ’n normale dag met ’n ongewone aantal mense wat rooi aantrek en vir sommige van ons is dit dalk selfs bietjie vreesaanjaend, maar weet dit . . . jy is wonderlik, jy is manjifiek, jy verdien die wêreld . . . en die maan en die sterre.

"Wag totdat al daardie dinge in iemand se oë reflekteer wanneer hulle vir jou kyk. En terwyl jy wag, gaan koop al die Valentynslekkernye wat jy wil en vier jouself en die wonderlike mens wat jy is. Gelukkige Valentynsdag!" het Werner laat hoor saam met ’n foto van homself.