Elton Jantjies

Elton en sy vrou, Iva, het in Mei 'n derde seun ryker geraak. Die nuweling heet Leandro Lee. 

View this post on Instagram

A post shared by Iva Jantjies ®? (@ivariss) on

En die 29-jarige losskakel en die Griekse nooi aan sy sy het boonop voor die Wêreldbekertoernooi stil-stil afgehaak. Iva het op 29 Augustus 'n foto van hulle in die sosiale media gedeel en daarby geskryf: "Mnr. en Mev. Jantjies". Toe aanhangers op die inskrywing reageer en vra of hulle so vinnig getroud is, het Iva se ma kommentaar gelewer en die blye nuus bevestig.

Elton en Iva, 'n model, het in 2011 in die kuberruim begin klets en mekaar drie jaar later die eerste keer in Tokio, Japan, ontmoet. Hulle het nog twee seuns, Elton jr. (4) en Noah (2). "Elton is die beste pa. Die kinders is behep met hom. Hulle wil almal soos hy wees," het Iva al aan Huisgenoot vertel.

Iva het op Vadersdag hierdie foto van die manne in haar lewe op Instagram gedeel: 

Cobus Reinach

Die skrumskakel Cobus Reinach (29) en sy vrou, Frances, het in Maart hul eersteling, Righardt, verwelkom.

Cobus en sy vrou, Frances, verwelkom hul eerstelin
Cobus en sy vrou, Frances, verwelkom hul eersteling. Foto: Verskaf

Sy volle naam is Righardt Christian Jacobus Reinach. Hy is vernoem na Cobus se pa, die wyle oud-Springbok Jacobus Reinach, en Frances se pa, Christian. 

Die Reinach-gesin tydens 'n uitstappie. Foto: Vers
Die Reinach-gesin tydens 'n uitstappie. Foto: Verskaf

“Hy is so 'n easy-going, stil en soet seuntjie,” het Cobus voorheen uit Northampton in Engeland aan Huisgenoot vertel

“Ons wens vir hom is dat hy sal groei om alles te wees wat hy kan wees, 'n gelukkige lewe sal lei, maar veral geluk op ’n betekenisvolle wyse sal vind.” 

Trevor Nyakane

Die Bok-stut se babadogtertjie Thando is kort voor die Bokke se eerste Wêreldbeker-wedstryd teen die All Blacks gebore. 

Trevor het later 'n foto van hom, sy vrou, Gavaza, en hul kleinding by die Webb Ellis-trofee in die kuberruim gedeel. "Skylar was soos pappa: Wat is hierdie blink ding?" het hy by die kiekie geskerts.

Klein Skylar spog ook al met haar eie Springbok-hemp. 

Juan de Jongh

Die oud-Bok Juan de Jongh en sy vrou, Simone, se eersteling, Emily, is in Februarie gebore. 

Juan, Semone en hul eersteling, Emily. Foto: Versk
Juan, Semone en hul eersteling, Emily. Foto: Verskaf

“Sy word by die dag groter en ál ouliker met al haar giertjies en maniertjies,” het Simone vroeër aan Huisgenoot vertel


Die egpaar, wat in September op Stellenbosch getroud is, woon tans in Coventry in Engeland waar Juan vir die London Wasps-rugbyklub uitdraf.

Pappa Juan en sy kleinding. Foto: Verskaf
Pappa Juan en sy kleinding. Foto: Verskaf

Morné Steyn

Die voormalige Springbok-losskakel Morné Steyn en sy vrou, Christelle, se derde seun is op 2 Desember gebore.

View this post on Instagram

??DateNight??

A post shared by Morné (@mornesteyn) on

Die trotse pa het die nuus op Instagram aangekondig met twee foto's van hul kleinding en ook verklap dat hy Marcoux heet. 

View this post on Instagram

What a blessing!!#Marcoux??

A post shared by Morné (@mornesteyn) on

Morné, wat onlangs uit Frankryk teruggekeer het om weer vir die Bulle uit te draf, en sy vrou, Christelle, is reeds die ouers van twee seuns, Jóvan (7) en Christean (4). Hul jongste spruit, Marcoux, het 3,53 kg by geboorte geweeg en was 53 cm lank.

Courtnall Skosan

Die oud-Bok Courtnall en sy vrou, Semone, se tweede seun, Carlin Christian, is in September gebore. Die paar het ook 'n tweejarige seun, CJ (Courtnall Jordan). 

Die Skosan-gesin. Foto: Verskaf
Die uitgebreide Skosan-gesin. Foto: Verskaf

En dié twee se beker loop omtrent oor van liefde. “Hierdie klein wonderwerkies bring soveel vreugde in ons lewens. Ek kan my nie ’n lewe sonder hulle voorstel nie,” het ma Semone voorheen laat hoor

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.